Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Geen tornado's', maar donderstorms op plekke
Oct 09 2007 07:34:03:217AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Buitengewone swaar storms' op pad na Gauteng
  • Woeste wind eis man se lewe
  • 'Dis die natuur wat terugslaan'
  • Beeld-span

    Donderstorms kan vandag (Maandag) laat in Gauteng uitsak, maar vrese van 'n moontlike tornado is volgens die SA Weerdiens ongegrond.

    Duisende e-posse het vandag (Maandag) die ronde gedoen nadat die Weerdiens gister 'n stormwaarskuwing vir onder meer Gauteng en Mpumalanga uitgereik het.

    Vrese oor moontlike storms het toegeneem nadat SMS-boodskappe oor moontlike tornado's aan mense gestuur is.

    'n E-pos wat 'n personeellid van Netcare 911 aan 'n vriend oor 'n stormwaarskuwing gestuur het, is ook daarna aan talle mense regoor die land gestuur.

    Ondanks herhaalde pogings kon beeld.com aanvanklik nie ná 14:00 die SA Weerdiens bereik of op sy webwerf ingaan om die jongste voorspelling te kry nie.

    Beeld.com het later telefonies met mnr. Gerhard Schulze van die Weerdiens gepraat. Hy het gesê probleme is met die webwerf en telefoonstelsel ondervind weens "oorlading".

    Volgens Schulze word donderstorms wél Maandag verwag, maar waarskuwings oor uiterste weerstoestande word gewoonlik nie langer as 'n halfuur voor die tyd uitgereik nie. Die weerburo het geen waarskuwings oor moontlike tornado's of erge winde uitgereik nie, het Schulze gesê.

    Intussen het 'n woordvoerder van Netcare 911 ontken dat die organisasie 'n amptelike stormwaarskuwing uitgestuur het.

    'n Beeld-leser het onderstaande e-pos aan www.beeld.com gestuur.

    Volgens die Netcare-woordvoerder het mnr. Charles Marais van Netcare oor die radio 'n berig gehoor en toe dié boodskap hier onder aan vriende gestuur. Die e-pos het toe 'n lewe van sy eie ontwikkel en Netcare is oorval met oproepe.

    Netcare verwys mense bloot na die SA Weerdiens, het die woordvoerder gesê.

    Subject: FW: Storm Warming issued by Netcare 911
    Importance: High
    Hi,

    Netcare has issued a warning in respect of a storm that will hit the Gauteng region this afternoon at about 5 o clock.

    Don't underestimate the strength of the wind on the road and avoid low water bridges when driving. We were also warned to stay indoors and to take all loose lying objects inside. Tie down anything that might be damaged by severe winds.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |