Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Krokodil vang werker wat in rivier wil afkoel
Nov 20 2007 09:15:40:530PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen en Leané du Plessis


’N19-jarige man is deur ’n kro­kodil gevang en ’n wilddief in hegtenis geneem in twee afsonderlike voorvalle die naweek in die Krugerwildtuin.

In die eerste voorval het ’n krokodil mnr. Philemon Ngobe, ’n werker vir ’n boukontrakteur in Komatipoort, gevang terwyl hy in die Nkomati-rivier geswem het.

Ngobe en sy vriend, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het Vrydagoggend op ’n bouperseel in Komatipoort gewerk en besluit om in die rivier daar naby te gaan afkoel.

Ngobe se vriend, wat ten tyde van die voorval by hom was, het glo gesien hoe Ngobe in die vlak water langs ’n laagwaterbruggie swem en toe skielik “wegraak”, het mnr. Raymond Travers, woordvoerder van die Krugerwildtuin, gesê.

Hy het tóé glo duidelik gesien hoe ’n krokodil sy vriend wegsleep.

Verskeie soektogte deur die polisie se honde-eenheid en die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) het niks opgelewer nie.

Volgens Travers het die streekveldwagter van dié omgewing die publiek herhaaldelik gewaarsku om nie in die rivier te swem nie.

“Ons het ons simpatie aan die vrien-de en familie uitgestuur. Dis ’n aaklige ding wat gebeur het.”

In die ander voorval is ’n vermeen-de wilddief vasgetrek terwyl hy moeder natuur se roep beantwoord het.

Veldwagters van dié park en spesiale lede van Sanparke se korporatiewe ondersoekdienste (KOD) het die wilddief ná ’n ses dae lange soektog vasgetrek.

Hy is letterlik met sy broek om sy enkels gevang, het Travers gesê.

Lede van die grenspolisie en wildbewaarders van die Limpopo Nasionale Park het die verdagte al ’n paar keer vantevore in Mosambiek in hegtenis geneem.

Hy word met ’n hele aantal gevalle van renosterstropery verbind.

’n Span van die KOD in Skukuza het die gebied reeds die hele week lank gepatrolleer nadat hulle verneem het die verdagte gaan moontlik op die wildtuin toeslaan. Hulle het hom Sondag vasgetrek.

“Lede van die KOD-span het die verdagte gevind waar hy besig was om te urineer. ’n Skietery het gevolg en die verdagte is lig beseer.

“Hy is op verskeie aanklagte van wilddiefstal in hegtenis geneem,” het Travers gesê.

Die polisie het beslag gelê op twee renosterhorings, ’n .458-geweer, ’n rugsak met twee Okapi-messe, ’n panga en verskeie ander items.

Dit is nog onseker wanneer die verdagte in die hof gaan verskyn, het Travers gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |