Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Lyfwagte kan gestrande motoriste nou help beveilig
In ’n onlangse studie oor misdaad in Suid-Afrika is bevind 10% van alle kapings en geweldsmisdade (teenoor motoriste) vind plaas terwyl mense in stilstaande motors sit. Só het me. Ronel Nel, woordvoerder van DigiCore (C-track), ’n voertuigmoniteringsmaatskappy, gister in ’n verklaring gesê oor die gevaar waarin motoriste verkeer wanneer hul motor langs die pad gaan staan of hulle in ’n botsing betrokke is. “Dit is geen geheim dat berigte van mense wat gekaap, beroof of vermoor word nadat hul motors langs die pad gaan staan het, volop in die Suid-Afrikaanse media voorkom nie,” het Nel in die verklaring gesê. Dís volgens haar die rede dat C-track sy nuwe C-track Body-guard-diens aan die gemeenskap beskikbaar stel. Dié diens is gister amptelik by die Velmore-hotel in Erasmia, Pretoria, bekendgestel. Dit behels dat ’n persoonlike lyfwag enige tyd van die dag uitgeroep kan word om jou by jou onklaar motor langs die pad te beskerm, totdat daar vir jou hulp opdaag. As jy byvoorbeeld in ’n motorongeluk betrokke is, sal dié lyfwag outomaties na die toneel ontplooi word sonder dat jy hoef te vra, aangesien die opsporingstoestel aan jou voertuig ’n sein uitstuur sodra die motor in ’n ongeluk is. “Enigiemand wat hul motors met die C-track Secure of C-track Secure Plus-voertuigopsporingstelsels toerus, kan dié diens 24 uur per dag, 365 dae van die jaar gebruik,” het Nel gesê. Daar is volgens haar tientalle hartseer voorbeelde van mense wie se motor, besittings en lewe gered kon word indien hulle só ’n lyfwag tot hul beskikking gehad het. “Beeld se lesers sal onthou die Springbok-legende Joost van der Westhuizen het vroeër vanjaar naby Viljoenskroon sonder petrol langs die pad gaan staan. Die volgende oomblik het iemand ’n vuurwapen teen sy kop gedruk. “Gelukkig het hy kalm gebly en die diewe is slegs met R400 en sy selfoon daar weg sonder om hom te beseer,” het sy gesê. Nel het die voorval waarin die joernalis Megan Herselman by die Rivonia-afrit in Johannesburg vermoor is, nadat sy stilgehou het om aanwysings te vra, as nóg ’n voorbeeld genoem. “Daar is báie sulke voorbeelde. ’n Man is onlangs langs die Glen-hove-afrit op die M1-hoofweg in Johannesburg doodgeskiet nadat hy gestop het om aanwysings te vra. Sy selfoon en persoonlike besittings is ook gesteel.” Anders as ’n gewone voertuig-opsporingstoestel fokus die C-track Bodyguard volgens Nel op die veiligheid van die mense ín die voertuig, eerder as op die voertuig self. “Sulke persoonlike lyfwag-dienste sal hopelik daartoe bydra dat Suid-Afrika se paaie veiliger vir die land se motoriste gemaak kan word,” het sy gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|