Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Moordenaars moet gehang word'
Dec 10 2007 01:52:42:990PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Roestoff

Krugersdorp - 'n Groot groep betogers met plakkate het Maandagoggend by die streekhof hier saamgedrom waar 5 verdagtes verskyn het weens die moord op die wildreservaateienaar van Heia Safari Ranch in Muldersdrift.

Familielede, vriende, werkers en sake-eienaars in die Wieg van die Mensdom aan die Wes-Rand het hulle by mev. Gaby Burgmer(49), dogter van wyle mnr. Franz Richter (80), geskaar waar hulle met plakkate protes aangeteken het teen die hoë geweldsmisdaadsyfer in die land.

"Sluit ons grense!" "Moordenaars moet gehang word!" "Die regering moet ons beskerm!" is van dié slagspreuke wat groot op plakkate gepryk het.

Richter is op 28 November koelbloedig vermoor. Hy was op pad om werkers te gaan betaal toe hy in die kop en bors geskiet is.

Vier verdagtes is enkele ure ná Richter se moord in die omgewing aangekeer.

'n Vyfde verdagte, 'n 35-jarige vrou, is Vrydag gearresteer en het Maandagoggend saam met die mans in die hof verskyn.

"Ons bly in die wonderlikste land ter wêreld, maar almal is nou gatvol vir hierdie kriminaliteit," het mev. Burgmer, gesê.

Mnr. Errol Gobey, mede-eienaar van die restaurant Bellgable's waar mnr. Harry Hinnis slegs drie dae voor die aanval op Richter ernstig gewond is, sê "meer polisie-teenwoordigheid in die gebied" sal help. "Die wêreld behoort te weet wat hier aangaan. Ons kan nie meer toeriste hier toelaat as dit só aangaan nie!"

Die saak is tot 19 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Dié borgaansoek van dié vyf sal na verwagting eers in Januarie volgende jaar begin.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |