Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Inwoners dreig pa wat dogter (16) glo verkrag
Dec 19 2007 09:52:24:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Inwoners van Eersterust betoog gister voor die Pretoriase landdroshof, waar 'n pa wat na bewering sy 16-jarige dogter verkrag het, vir 'n borgtogaansoek verskyn het. Foto: Deaan Vivier
Virginia Keppler


“Ag, dit was net een of twee keer.”

Só het ’n 35-jarige pa van Eersterust in die ooste van Pretoria glo aan sy dogter (16) en sy vrou gesê toe hulle hom konfronteer oor die beweerde verkragtings van sy dogter.

Die meisie se ma het gister getuig in die Pretoriase landdroshof tydens haar vervreemde man se borgtogaansoek. Dié pa het na bewering sy dogter sedert sy drie jaar oud was, twee tot drie keer per week verkrag. Hy het gister skuld ontken op dié aanklag.

“Toe ons hom konfronteer oor wat hy doen, het my kind vir hom gesê: ‘Pa, genoeg is genoeg. Jy is sleg en jy het my lewe verwoes.’ Sy het selfs vir hom gesê: ‘Asseblief pa, nie my broer ook nie’,” het die ma getuig.

Sowat 100 inwoners van Eersterust het voor die hof betoog. “Ons kan nie sy veiligheid waarborg as hy borgtog kry nie. Ons sal hom tot in Kaapstad gaan soek as hy vrygelaat word,” het ontstoke inwoners gesê.

Die borgtogaansoek word deur landdros Jakkie Wessels aangehoor.

Die pa ontken in ’n verklaring, wat deur mnr. Kenny Boonzaier, sy prokureur, gelees is, die aanklag teen hom. Hy erken wel hy het kort voor hy gearresteer is, selfmoord probeer pleeg deur sy polse te sny.

Die pa, wat ’n vorige veroordeling van aanranding met die doel om ernstig te beseer het, vra daarin vir borgtog waarna hy by sy oom in Middelburg, Mpumalanga, sal gaan woon.

Sers. Carina le Roux, die ondersoekbeampte, het gesê geweld kan in Eersterust uitbreek as hy vrygelaat word. “Ons is bang hy sal weer probeer selfmoord pleeg. Die gemeenskap is baie betrokke by die saak en sê as die wet hulle in die steek laat, sal hulle die wet in die steek laat.”

Le Roux het egter onder kruisondervraging gesê sy het nie ’n probleem as hy in Middelburg by sy oom gaan bly nie, maar sy wil graag self die plek gaan besoek voordat hy vrygelaat word. Sy het ook, teenstrydig met haar eerste getuienis, gesê sy glo nie hy sal weer selfmoord probeer pleeg nie.

Die ma sê haar dogter het glo aan ’n vriendin vertel haar pa verkrag haar, maar dié wou haar nie glo nie. Sy het in 1996 en 2006 interdikte teen haar man bekom omdat hy haar fisiek, sielkundig en emosioneel mishandel. Die borgaansoek duur vandag voort.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |