Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


‘Broodbome is nié uitgekap’
Dec 26 2007 08:55:00:047PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Neels Jackson


Limpopo se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme het ontken dat broodbome uitgekap word om voetpaadjies deur die broodboomwoud by Modjadji te bou.

Dít nadat ’n gerug die ronde begin doen het dat van dié beskermde Modjadji-broodbome (Encephalartos transvenosus) uitgekap word met die oog op infrastruktuurontwikkeling vir 2010.

Tydens ’n besoek deur Beeld aan die Modjadjiwoud, noord van Tzaneen, het daar inderdaad stukke van ’n broodboomstam langs ’n paadjie gelê waar voorbereidings vir bouwerk gedoen is.

Een stuk was sowat 2 m lank, nog een ’n bietjie langer en ’n derde een ’n bietjie korter.

Mnr. Lehlogonolo Masoga, woordvoerder van die departement, het gesê die broodbome is beskerm en dit sou ’n misdaad wees as hulle wel uitgekap word.

Hy het navraag gedoen en is meegedeel dat ’n stam van een van die ou broodbome omgeval en die paadjie heeltemal versper het. Dié stam is toe in stukke gekap sodat dit verwyder kon word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |