Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Verdagte skotvry nadat slagoffers hom vergewe
Feb 07 2008 09:07:42:950PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Bertha Pretorius Foto: Herman Verwey
Christel Raubenheimer


’n Jong man het gister vry en met “ ’n tweede kans” uit die Pretoriase streekhof gestap nadat sy slagoffers hom vergewe en saam met hom gebid het en die saak teen hom teruggetrek is.

Mnr. James Baloyi (20) is van ’n ernstige rooftog en poging tot moord aangekla nadat hy in Maart verlede jaar twee vroue in ’n huis in Erasmuskloof, in die ooste van Pretoria, aangeval en beroof het.

Hy het mev. Esther Makgoba, die huiswerker, met ’n mes gesteek. Mev. Bertha Pretorius, die huiseienaar se skoonma, is nie beseer nie.

Die polisie het Baloyi minute ná die rooftog in ’n veld agter die huis gearresteer. ’n Polisiehelikopter en ’n menigte polisielede het ná die rooftog na die boosdoeners help soek.

Mnr. Myndert Bloem, die huiseienaar, was by toe Baloyi gearresteer is en het Baloyi toe ’n drukkie gegee en hom in die naam van Jesus vergewe.

Gister het Makgoba én Pretorius in die hof ook gesê dat hulle Baloyi vergewe.

Verskeie belangstellendes het die saak kom bywoon.

“Ek kan eerlik vir die hof sê ek het hom vergewe. Die hof moet vir hom sê wat hy gedoen het, was baie sleg,” het ’n emosionele Makgoba, wat nog nie ten volle van haar beserings herstel het nie, gesê.

“Ek wil vir jou sê ek is nie kwaad nie. Jy moet verander en ’n kind van God wees. Ek het jou lief. Jy het my amper doodgemaak. Ek is jou ouer,” het sy aan Baloyi gesê.

Pretorius het gesê mense moet hande vat en bid oor misdaad. Sy het hom ook ’n paar rand in die hand gestop om hom op sy voete te help.

“Wat hy gedoen het, is verkeerd. In my hart het ek hom vergewe,” het sy getuig.

Bloem het in die hof Baloyi se hande geneem en saam met hom gebid. Hy het ná die verrigtinge gesê Baloyi het sy hart daar vir die Here gegee.

Ook landdros Graham Travers het Baloyi gemaan om die reguit pad te loop.

“Ek hoop nie jy sien dié vergifnis as ’n teken van swakheid nie. Om wraak te soek, is baie moeiliker as om te vergewe,” het hy gesê.

Travers het gesê Baloyi kry ’n tweede kans wat hy nie andersins sou gehad het nie.

“Die manier om nou terug te betaal, is om te luister na wat jou meerdere aan jou gesê het: Draai weg van die verkeerde en doen iets om jou gemeenskap te bou.”

Mnr. George Pieterse, die aanklaer, het die saak teen Baloyi teruggetrek. Hy is ná byna ’n jaar in aanhouding ’n vry man.

“Ek is dankbaar vir hulle vergifnis en belowe as ek hier uitloop, sal ek op die reguit pad bly en verantwoordelik wees,” het hy gesê.

Albei vroue het hom in die hof omhels.

Konst. Os Redelinghuys, wat Baloyi destyds gearresteer het, het gesê hy is teleurgesteld met die uitslag.

“Almal kla hoe swak die polisie is, maar as die polisie hul werk doen, wil die publiek nie saamwerk nie,” het hy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |