Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Opposisie sê: ‘Ons het dit alles al gehoor’
Feb 08 2008 11:31:07:617PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Politieke Redaksie


Kaapstad. – Hoewel pres. Thabo Mbeki se staatsrede deur van die opposisiepartye met optimisme begroet is, is die meeste van die opposisieleiers nie daarmee beïndruk nie.

Mnr. Bantu Holomisa, UDM-leier, sê dat Mbeki na die Kampepe-kommissie se verslag verwys het, beteken Suid-Afrika hoef nie noodwendig die besluit van die ANC-konferensie in Polokwane te volg nie.

Die kommissie was duidelik in sy besluit dat die Skerpioene behou moet word. Daar is dus ’n klein kans van oorlewing vir die Skerpioene, sê Holomisa.

Mnr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, was baie beïndruk met die toespraak.

“Dit was van ’n baie hoë peil, intellektueel en andersins.

“Die president het nie probeer om kwessies te takel nie. Wat ’n jammerte egter dat hy nie meer ANC-leier is nie!”

Volgens me. Helen Zille, DA-leier, was Mbeki se toespraak dié van ’n bestuurder en glad nie dié van ’n leier nie.

“Daar is ’n baie groot leemte vir leierskap in die land.”

Hy het bitter teleurgestel. “Ons het dit alles vantevore al gehoor. Hy maak of hy ’n algemene bestuurder is met ’n baie goeie bestuurspan.”

Sy sê niemand is verantwoordbaar gehou nie en Mbeki het hom nie oor die grondwetlike krisis, regbank se onafhanklikheid, vryheid van die pers en baie van die grootste uitdagings van die land uitgelaat nie. Dit wat wel aangeraak is, is ou goed wat tot nou nie in werking gestel is nie en daar is geen rede om te glo dit gaan in die toekoms gebeur nie.

Die ACDP-leier, eerw. Kenneth Meshoe, sê Mbeki is skynbaar deeglik bewus hy skaats op dun ys. “Hy het nie antwoorde verskaf op die meeste van die politieke probleme wat groot kommer wek onder Suid-Afrikaners en die ACDP nie.”

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, stem saam met Mbeki dat dit nie beter as gewoonlik kan wees nie. Die land is in ’n krisis op baie terreine en sy termyn staan einde se kant toe.

Dis ook simbolies dat Zuma in die galery gesit en half toesig gehou het. Dis duidelik die begin van die oorgang.

Me. Patricia De Lille, OD-leier, sê sy het al die planne reeds gehoor. Die regering se swakpunt is die inwerkingstelling daarvan. “Ek dink hy het dit indirek erken.” 

Dr. Motsoko Pheko, IVP-leier, prys Mbeki vir sy pogings om Suid-Afrikaners gerus te stel oor die kragkrisis en die Skerpioene.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |