Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Robbie Klay ’n ‘seksspeelding"
Robbie Klay (21), jong har- tebreker-sanger en ak- teur, was as kind sewe jaar lank die “seksspeelding” van een van die bekendste mans in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Klay, wat verskeie CD’s op die winkelrakke het en die rol van die skoolseun Buks in die TV-reekse Amalia en Amalia 2 vertolk het, het die naweek gesê hy wil eksklusief met Beeld oor sy “sekshel” praat om “ander kinders wat iets soortgelyks deurmaak, aan te moedig om dadelik daaroor te praat met iemand wat hulle kan vertrou”. Hy was tien jaar oud toe die seksdade begin het, wat “orale seks, masturbasie tot drie keer per dag, pornografie en naakvideo’s” van hom (Klay) ingesluit het. Klay verwys na die man as “die oom”. “Die rede waarom ek nou praat, is nie wraak nie. Ek het my ma verlede jaar gedeeltelik oor die seksinsidente ingelig omdat ek bang, onseker en verbouereerd was. “Ek het intussen ook alles aan my verloofde vertel. “Ek wil nie die oom se lewe verwoes nie, daarom wil ek nie hê sy naam moet bekend gemaak word nie. (Hy het wel die man se naam aan Beeld bekend gemaak.) Hy is baie bekend. “Ek wil ander kinders eerder vertel hulle moet dadelik hulp soek as só iets met hulle gebeur. “Maar ek moet eerlik wees – ek wens ek kan net, noudat ek volwasse is, één kans kry om die oom te bliksem. “Ek sal sy nek breek.” Elke keer wat hy na “die oom” se huis toe gegaan het, “het hy aan my gevat en gevroetel”. “Dit was vir my aaklig, ek het later so min moontlik na sy huis gegaan omdat ek bang was oor wat gaan gebeur. “Die oom het my laat glo dat dit reg is as ek aan hom vat. Hy het video’s van my geneem waar ek kaal in die swembad is. “Hy het baie keer vir my gesê dat dit net ons geheim is en dat ek vir niemand moet sê nie. Vandag verstaan ek waarom hy nie wou hê dat iemand weet nie. “Toe ek met meisies begin uitgaan, was hy baie besitlik. Ek moes die oom alles vertel, waarheen ek en die meisie was en wanneer ons seksueel verkeer het, veral toe ek die ma van my dogtertjie ontmoet het. “Ek was toe al 16, maar die oom het steeds nie opgehou om aan my te vat nie. Ek het nie geweet hoe om dit te stop nie. Ek het steeds stilgebly, want ek was bang. Ek was bang my musiekloopbaan ly daaronder, want die oom het baie mag in die vermaaklikheidsbedryf. “Ek het later besef die oom het ’n obsessie met seuns. Ek het eendag op foto’s van seuns op sy rekenaar afgekom. Daar was ook foto’s van ’n kaal seun. “Wat gebeur het, was walglik. “Ek het as jong seun gewonder of ek dalk gay is en het ’n groot stryd daaroor met myself gehad. “Ek is vandag heeltemal negatief oor mans. Ek kan nie op ’n normale vlak met mans kommunikeer nie.” Alle pogings van Beeld gister om “die oom” in die hande te kry, was onsuksesvol. Sy selfoon was afgeskakel en verskeie mense het gesê hulle vermoed dat hy in die buiteland is.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|