Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vodacom staak sy kompetisie
Feb 19 2008 10:09:13:620PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
André Damons en Sapa


Vodacom het deelname aan sy omstrede BMW-kompetisie “100 dae 100 motors” eergisteraand beëindig nadat die Nasionale Loteryraad (NLR) dié maatskappy opdrag gegee het om dit te staak.

Die kompetisie sou eers op 2 Maart eindig.

Dit het tot gevolg gehad dat Vodacom gisteraand hul laaste trekking gehou het.

Die NLR het gister in ’n verklaring gesê hulle is tevrede dat hulle hul plig nagekom en ’n “onwettige lotery” gekeer het.

Vodacom sê by monde van hul besturende direkteur, mnr. Shameel Joosub, in ’n verklaring op hul webwerf hulle glo hul kompetisie is wel wettig.

“Terwyl Vodacom steeds meen dat dié promosie-kompetisie wettig is, het die maatskappy besluit om deelname om middernag 18 Februarie te staak.

“Aangesien die kompetisie amper op ’n einde is, glo Vodacom dit is in almal se beswil om dit te beëindig.

“ ’n Finale trekking sal op 19 Februarie (gisteraand) plaasvind – die oorblywende BMW’s sal aan die wenners gegee word,” lui die verklaring wat eergister uitgereik is.

Mnr. Sershan Naidoo, woordvoerder van die NLR, het vroeër aan Beeld gesê hulle glo die kompetisie is onwettig omdat mense meer as R1,50 vir ’n SMS moet betaal.

“Wanneer mense in kompetisies meer as die standaardprys vir produkte moet betaal, in Vodacom se geval is dit SMS’e, word dit ’n lotery en hulle is nie die Lotto nie en het dus nie ’n lisensie nie.

“Hulle het ook nie die regte prosedures gevolg nie,” sê hy.

Om deel te neem aan die kompetisie is mense “genooi” om ’n SMS, wat R10 kos, aan 38877 te stuur in die hoop om ’n BMW te wen.

Sommige mense het derduisende rande se SMS’e gestuur.

Mnr. Hendrikus Wessels (58) van Kaapstad het R48 000 aan sulke SMS’e bestee.

Rapport het ook berig dat ’n man van Johannesburg beweer hy is toegelaat om R150 000 se SMS’e te stuur voordat sy selfoonlyn opgeskort is.

’n Bloemfonteinse vrou, mev. Marelize Jackson (39), skuld Vodacom nou sowat R27 000.

Talle ander mense het ook hieroor op die webtuistehellopeter.com gekla.

Mnr. Thami Bolani, voorsitter van die Nasionale Verbruikersforum, steun die beëindiging van die kompetisie.

Hy sê dit kom neer op ’n skadelike sakepraktyk.

Hy het mense, wat dink hulle het onregverdig geld verloor, aangeraai om met hul plaaslike verbruikers-advieskantore in verbinding te tree.

Dié kantoor in Gauteng het ’n verbruikersakehof wat kan gelas dat vergoeding in die guns van ’n verbruiker betaal moet word, het hy bygevoeg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |