Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
TV-bekende se wens om siek seun te help
As dit moet, is die 24-jarige Big Brother Africa-ster Lerato Sengadi bereid om met ’n 8-jarige seun van Swaziland te trou. Sy sal kansel toe met ’n kind net sodat dié seun, wat aan chroniese nierversaking ly, Suid-Afrikaanse burgerskap en ’n staatsgeborgde nieroorplanting kan kry. Sengadi het Gcinumuzi Sifundza, ook bekend as Muzi, op ’n Valentynsete verlede week by die Marang-tehuis in Northcliff, Johannesburg, ontmoet. “Toe die oulike kind vir my ’n roos gee, het ek nie eens geweet hoe siek hy is nie.” Sy is beskermvrou vir die Marang-tehuis waar onder meer chroniese siek kinders gehuisves word. Muzi woon daar terwyl hy gereeld nier-dialise by die Johannesburgse Hospitaal kry. Die Swazi-regering het hom in 2006 na Suid-Afrika gestuur vir behandeling, maar nog nie bevestig of hulle sal betaal vir ’n nieroorplanting wat sowat R380 000 gaan kos nie, sê dr. Cecil Levy, wat hom behandel. Die seun se ma, me. Nomvula Sifundza, is moontlik ’n geskikte skenker. Suid-Afrika se departement van gesondheid sal ook nie vir die oorplanting betaal nie omdat die Swazi-regering hom hierheen verwys het en verantwoordelik is vir sy mediese koste. Beeld verneem op goeie gesag dié regering skuld die Johannesburgse Hospitaal reeds sowat R276 000 vir Muzi se behandeling. Die idee dat ’n 24-jarige met ’n 8-jarige trou net sodat die kind Suid-Afrikaanse burgerskap kan kry, is egter onrealisties, meen adv. Liezl Haupt van Pretoria, ’n kenner van familie- en kinderreg. Sy sê aanneming of geldinsamelingsprojekte is beter opsies. Maar geldinsamelingsprojekte tot dusver was onvoldoende, sê mnr. Pieter Ernst jr., uitvoerende direkteur van Marang-tehuis. “Die Swazi-regering het slegs ingestem om Muzi se vervoer van en na Johannesburg vir opvolgbehandeling ná die oorplanting, te borg.” Levy sê die Swazi-regering moet baie faktore oorweeg in sy besluit om vir die oorplanting te betaal. “Gereelde opvolgbehandeling in Johannesburg sal geldelik moontlik moet wees, anders sal die oorplanting sinneloos wees.” Woordvoerders van die Swazi-regering was gister nie vir kommentaar beskikbaar nie. Bel Ernst by 082 813 7794, of besoek hulle op die web by www.marang.org.za.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|