Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bekende leraar skiet hom in kerkkantoor
Mar 03 2008 01:21:03:593AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Leon-Ben Lamprecht


K aapstad. – ’n Sentrale figuur in die gereformeerde kerkherenigingsproses, ds. James Buys, het sy familie van sy selfmoordplanne laat weet voordat hy sy eie lewe geneem het.

Buys het hom eergisteraand in die kerkkantoor van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) se Wynberg-gemeente in die kop geskiet. Supt. André Traut, ’n polisiewoordvoerder, het gesê Buys (54) se lyk is omstreeks 20:15 gevind.

Toe sy familie daar aankom, was hy reeds dood.

’n Selfmoordbrief is gevind, maar Traut wou hom nie oor die inhoud uitlaat nie. Luidens ’n verklaring van die moderatuur van die VGK is dié brief aan sy familie gerig met spesifieke instruksies vir sy begrafnisreëlings.

Buys se vrou, Angela, was gister sigbaar geskok oor haar man se dood. Sy het gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word.

Leiers van die VGK en die NG Kerk het gister hul skok en hartseer oor die voorval uitgespreek en die verlies van so ’n belangrike figuur betreur.

Prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US) wat Buys sedert 1973 geken het, het gesê hy was een van die talentvolste predikante in die VGK.

Hy het Buys se rol in die strewe na kerkeenheid geloof. “Ek dink nie ’n mens moet die druk wat met kerkeenheid gepaardgaan, onderskat nie.”

Hy het gesê dít kon ’n rol in sy selfmoord gespeel het.

Dr. Allan Boesak, moderator van die VGK Kaapland, het luidens die verklaring gesê Buys het “in ’n moeilike oorgangstyd in Suid-Afrika ’n deurslaggewende rol as kerkleier en internasionale ekumeniese figuur gespeel”.

“Sy nugter denke, rustige leiding, strewe tot geregtigheid en algehele toewyding tot die kerk het hom ’n leier van formaat gemaak.”

Dr. Coenie Burger, vorige moderator van die NG Kerk, het gesê Buys was “ ’n skitterende leier en ’n baie talentvolle persoon”.

Dr. Danie Nel, leraar van die NG kerk Wynberg, wou hom nie uitlaat oor die moontlike rede vir Buys se selfmoord nie, maar het gesê dis ’n “persoonlike situasie”.

Dr. J.J. Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, het in ’n verklaring gesê in die kerkherenigingsgesprekke tussen die kerke van die NG Kerkfamilie “was James Buys ’n belangrike en ook opbouend-kritiese stem”.

’n Geregtelike doodsondersoek sal vandag of môre uitgevoer word.

Buys word ook oorleef deur drie kinders X Abayomi (25), Asha (23) en Mischa (15).

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |