Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dié struggle is vir diere se regte
Mar 09 2008 08:43:35:573PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Riëtte Grobler

Die begin van ’n nuwe era in diereregte-aktivisme. Dít is waarop ’n nuwe diereregte-organisasie, Animal Rights Africa (ARA), hoop.

Dié organisasie, wat volgens ’n verklaring enig in sy soort is in Afrika, is eergister by die Universiteit van die Witwatersrand se Origins Centre bekend gestel.

Die bekendstelling was deel van One Struggle, ’n dag lange bewusmakingsgeleentheid oor die noue verwantskap tussen mense, diere en die omgewing.

Drie diereregte-groepe, Xwe African Wild Life, South Africans for the Abolition of Vivisection en Justice for Animals, het saamgesmelt om ARA te vorm.

Die drie organisasies sal voortaan as ’n eenheid funksioneer. Justice for Animals het reeds amptelik gesluit, terwyl die ander twee organisasies deur die loop van 2008 hul deure sal toemaak. “Die ARA is geregistreer as ’n trust,” het me. Michele Pickover, woordvoerder van die ARA, gister oor die groepe se samesmelting gesê.

Volgens Pickover het die drie groepe in 2006 besluit om ARA te vorm.

“Ons beywer ons vir dieselfde regte as menseregteorganisasies. Ekonomiese, politieke en omgewingsisteme wat mense beïnvloed, raak ook die lewens van diere,” het sy gesê. “Ons hanteer alle kwessies rakende die uitbuiting van diere, soos geblikte jag.”

Volgens Pickover is ARA die afgelope ruk veral betrokke by projekte teen die uitdunning van olifante.

Skoolprogramme en aktivisme deur optogte en oop briewe aan die regering vorm deel van ARA se bewusmakingsprogramme.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |