Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Hof wys kurator aan vir brandkind
’n Advokaat is gister deur die Pretoriase hooggeregshof aangewys om in Suid-Afrika na die belange om te sien van ’n seun (12) wat drie jaar gelede deur Soedanse soldate gebrand is. Die Sentrum vir Kinderreg (SKR) aan die Universiteit van Pretoria het gister ’n dringende aansoek gebring dat adv. Jacob van Garderen van Prokureurs vir Menseregte (PMR) aangestel word as kurator ad litem vir Rachid Zakaria Dahiye, die seun. Van Garderen moet alle kwessies rondom Rachid ondersoek, insluitend dié oor immigrasie, mediese behandeling, sorg en voogdyskap. Me. Khadamallah Hammaad Hassan, Rachid se ouma, het hom na Suid-Afrika vergesel. Adv. Ann Skelton, koördineerder van die Kinder-litigasieprojek aan die Sentrum vir Kinderreg, het in hofstukke gesê soldate in Soedan het Rachid drie jaar gelede opsetlik gebrand. Sy ouers is onder meer in dié aanval dood. Rachid en sy jonger sussie het in Tsjad in ’n vlugtelingkamp gewoon onder Hassan se sorg. Skelton het gesê ’n ooreenkoms is met die liefdadigheidsorganisasie Waging Peace en die Verenigde Nasies se hoë kommissariaat oor vlugtelinge se hulp met Hassan bereik dat Rachid vir mediese behandeling na Suid-Afrika kom. Die behandeling, wat drie operasies insluit, sal sowat ’n jaar duur. Rachid sal dan na Tsjad kan terugkeer. Die eerste operasie op 10 Januarie was ’n sukses. Hassan sou op 3 Januarie en later op 10 Januarie na Tsjad terugvlieg, maar het hierteen besluit. Die verhouding tussen Hassan en personeel by Children of Fire, die organisasie in Auckland Park, Johannesburg, waar Rachid versorg is, het toe “agteruitgegaan”. Hassan het van dié perseel weggetrek, Rachid het aangebly en verskeie weke geen kontak met Hassan gehad nie. Skelton sê daar was ’n dispuut oor of Children of Fire dié kontak gestrem het en of Hassan geweier het om die kind te besoek. Hassan se prokureur het toe in ’n brief geëis dat sy toegelaat word om die kind te verwyder. Children of Fire het ontken dat hy Hassan kontak verbied het én bygevoeg dat hy nie die seun in haar sorg sal oorlaat nie. Skelton het gesê die Sentrum vir Kinderreg het gemeen die belangebotsing tussen Children of Fire en Hassan kan die seun se regte in gevaar stel en wou dus ’n kurator aangestel hê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|