Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


SA akademikus as 1 van 245 wêreldleiers aangewys
Mar 13 2008 09:19:57:767PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Sunette Pienaar, akademikus van Unisa, wat deur die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) as 'n jong globale leier aangewys is. By haar is kinders wat deur die Heartbeat-organisasie gehelp is waarvan sy die stigter was.
Alet Rademeyer


’n Akademikus van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is gister deur die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) as een van die 245 jong wêreldleiers vir vanjaar aangewys.

Dr. Sunette Pienaar is betrokke by Unisa se sentrum vir korporatiewe burgerskap en hanteer die Murray Roberts-leerstoel vir medewerkende bestuur en verantwoordbaarheid.

Sy is hoofsaaklik verantwoordelik vir navorsing en opleiding oor die bestuur en verantwoordbaarheid vir infrastruktuur by openbare en private vennootskappe.

Die WEF vereer jaarliks tussen 200 en 300 jong leiers van oor die wêreld wat jonger as 40 jaar oud is.

Erkenning word gegee vir hul professionele prestasies, verbintenis tot die samelewing en hul bydrae om die toekoms van die wêreld te help bepaal.

Vanjaar se leiers sluit in 121 sakeleiers, sowel as regerings-, me-dia-, gemeenskaps- en akademiese leiers uit 65 lande.

Mnr. Klaus Schwab, stigter en uitvoerende voorsitter van die WEF, het in ’n verklaring gesê die forum is ’n ware gemeenskap vir globale besluitnemers.

“Ons het jong leiers nodig om deel van globale denkprosesse te wees en as katalisators op te tree in globale openbare belang.”

Vanjaar se leiers is aangewys uit sowat 5 000 kandidate wat deur ’n keurkomitee van 31 internasionale medialeiers gekies is.

Deel van die werk van die jong globale leiers is hul betrokkenheid by die ontwikkeling van inisiatiewe ter bevordering van gesondheid, onderwys, die omgewing, veiligheid en ontwikkeling en die opheffing van armoede.

In dié opsig word Pienaar erken vir haar werk by Heartbeat, ’n nie-regeringsorganisasie.

Sy het die organisasie in 2000 gestig en dit help wees- en kwesbare kinders om hul volle potensiaal te bereik deur in hul behoeftes te voorsien.

Op die oomblik bereik die organisasie landwyd 11 000 kinders en teen die einde van die jaar kan dit 22 000 wees.

Pienaar het gesê dit was vir haar nog altyd belangrik om by beleidvorming betrokke te wees wat uiteindelik kan help om arm mense in die land se lewens te verbeter.

Van die opleiding en navorsing waarmee sy ook besig is, is om die kapasiteit in munisipaliteite te bou.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |