Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Beeld, vennote gee ’n huis weg
Daar is weer vanjaar ’n huis ter waarde van R1,5 miljoen in Beeld te wen! En soos verlede jaar is Beeld se vennote weer Sable Homes en Standard Bank. Vanjaar se Beeld-Huisskou vind van 23 tot 25 Mei by The Meadows in die ooste van Pretoria plaas. Die wedstryd waarin die huis gewen kan word, begin op 7 April in Beeld. ’n Rits pryse kan daagliks gewen word. Die wenhuis is een van nege wat drie buitekontrakteurs spesiaal vir die huisskou bou. Die hoofontwerptema is “groen”. Daar word dus baie staatgemaak op alternatiewe bronne van energie en boumateriaal. Gas, sonpanele en natuurlike ventilasie geniet voorkeur. Deel van die skouprogram is ’n uitstallokaal waar verskaffers en bemarkers die geleentheid het om van hul tuin- en huisverwante dienste en produkte ten toon te stel. Sable Homes hanteer die besprekings. Ruimte is ook opsy gesit vir ’n speelterrein waar ’n springkasteel, ponieritte en allerlei ander vermaaklikheid vir kinders aangebied gaan word. Twee bekende kitskosgroepe sal eetgoed van mobiele verkooppunte aan besoekers verkoop. Daar sal ook ’n ontspanningsgebied wees om die bene te laat rus. Die huisskou word gehou op The Meadows, dieselfde terrein waar Beeld en sy twee vennote in Maart verlede jaar saam ’n eerste huisskou gehou en ’n spoggerige huis weggegee het. Sedertdien is sowat 90% van dié veiligheidsdorp se voltitelerwe verkoop en in die eienaars se name geregistreer. Die erfpryse begin by R390 000. Die standplase van The Ridge, een van vele ander veiligheidsdorpe wat in die volgende paar jaar in Hazeldean gaan verrys, is heelwat groter en die pryse begin by R601 000. Eerste erfoordragte vind einde Maart plaas. Bouwerk het ook begin aan die aftreedorp The Retreat waar 65% van fase een se wooneenhede al verkoop is. Die eerste eienaars behoort teen Mei vanjaar te kan intrek. Fase twee en drie se eenhede word eersdaags beskikbaar gestel. Die klubhuis behoort teen die begin van die huisskou gereed te wees. Konstruksie het al begin aan Oukraal, die veiligheidsdorp van eenmenswoonstelle, en net enkele eenhede is van R345 000 af beskikbaar. Reeds in bedryf is die Hazeldean Square-winkelsentrum, ’n Intercare- mediese en tandheelkundige sentrum, ’n Virgin Active-gimnasium, ’n Curro- private skool, ’n Abbott- akademiese hoërskool en ’n kantoorpark van 23 000 m². Verskeie ander bouprojekte is tans in die dorpsgebied aan die gang.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|