Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
‘Beeld’ se leserskap neem met 13% toe
Beeld se leserskap het volgens die nuutste Alle-media-en-produkte-studie (Amps) se syfers met 13% van 492 000 per dag tot 554 000 per dag gestyg. Lesers in die ouderdomsgroep 16 tot 24 jaar het selfs vinniger gestyg met 30% tot 90 000 per dag. Beeld se lesers is naas dié van Business Day die welvarendste. Beeld-lesers se gemiddelde huishoudelike inkomste is R15 926 per maand. Die leserskap van Jip, die bylae van Beeld wat die vinnigste gegroei het, het met 21% tot 595 000 per week gestyg. Motor-Beeld is die enigste Beeld-bylae wat gewilder is as Jip, met 632 000 lesers per week. Die nuutste Amps-syfers van die Suid-Afrikaanse Reklamenavorsingstigting (Saarf) wat gister bekend gemaak is, wys Suid-Afrikaners raak ál meer media-afhanklik en verkies nou koerant- en tydskriflees bo boeklees. Volgens 2006 se Amps het 44% van alle Suid-Afrikaners bo 16 die voorafgaande maand ’n boek gelees. Volgens die nuutste Amps het 46% Suid-Afrikaners die voorafgaande maand ’n boek gelees. Altesame 58% lees gedrukte media. Lesers van daaglikse koerante het van 26,7% tot 29,2% en weeklikse koerante van 33,2% tot 34,9% toegeneem. Daily Sun, steeds die grootste dagblad in die land, het nou sowat 4,8 miljoen lesers (’n toename van 13,9% tot 15,3%). Sowetan is die naasgrootste dagblad in die land met ongeveer 2 miljoen lesers (’n toename van 5,5% tot 6,6%). Internetgebruikers het die laaste week van 6% tot 6,9% en die laaste vier weke van 7,1% tot 8,1% toegeneem. Altesame 21 068 respondente, almal ouer as 16, neem deel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|