Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Al hoe meer in SA het geld, werk, basiese dienste, toestelle
Al hoe meer Suid-Afrikaners het geld, werk, basiese dienste en elektroniese toestelle. En met al daardie geld koop hulle graag kitskos by Kentucky Fried Chicken (KFC). Dít is van die feite wat blyk uit die Alle-media-en-produkte-studie (Amps) van die Suid-Afrikaanse Reklamenavorsingstigting (Saarf) wat gister bekend gemaak is. Die aantal huise met elektrisiteit het van 86% tot 87,4%; huishoudings met lopende water van 49,5% tot 51,2% en huishoudings met spoeltoilette van 44,4% tot 46,2% toegeneem. Ses uit tien Suid-Afrikaners besit of het toegang tot selfone, terwyl huishoudings met veiligheidstelsels met 9,2% toegeneem het. Volgens Saarf se LSM-(kriteria wat lewenstandaard meet)-kategorieë word mense wat aan die laer LSM-vlakke behoort, minder, terwyl al hoe meer mense tot die hoërmiddel- en hoërklas-LSM’s behoort. Ook inkomstevlakke word hoër. Beduidend minder mense behoort aan die laagste inkomstevlakke, terwyl mense wat aan die twee hoogste inkomstevlakke behoort, meer word. Mense wat R7 000-R11 999 per maand verdien, het van 12,4% tot 13% toegeneem, terwyl die aantal mense wat R12 000 of meer verdien, van 11,2% tot 13,2% toegeneem het. Die aantal ongeskoolde Suid-Afrikaners het van 5% tot 4,2% afgeneem, terwyl die aantal mense wat laerskoolonderrig voltooi het, van 85,9% tot 87,8% toegeneem het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|