Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Onderwysorganisasie sê álmal moet geweld teenwerk
Die Raad van Opvoeders (Rom) moet alle voorvalle van seksuele oortredings deur onderwysers ondersoek en indien hulle skuldig bevind word, moet hulle afgedank word. Dit is een van die voorstelle wat die nasionale professionele onderwysersorganisasie (Naptosa) gister gemaak het na aanleiding van die Menseregtekommissie se skokkende verslag oor skolegeweld. Mnr. Dave Balt, president van Naptosa, het gesê dit is nie genoeg om net ontsteld te wees oor die omvang van geweld in skole nie. ’n Strategie of plan is nodig om die situasie om te draai, het hy gesê. Hy het gesê dié probleem kan nie oornag reggestel word nie en dit gaan die samewerking van alle sektore vereis. ’n Begin is om te verseker dat alle voorvalle van seksuele geweld waarby onderwysers betrokke is, deur die Rom ondersoek word. Onderwysers wat skuldig bevind word, moet ontslaan en van die lys van geregistreerde onderwysers verwyder word. Voorts moet ’n gedragskode gegrond op wedersydse respek ontwikkel word wat afgedwing kan word en leerlinge oor die gevolge van hul dade kan bewus maak. Indien dit nodig is, moet oproerige en disrespekvolle leerlinge uit klaskamers verwyder word, het Balt gesê. Naptosa het sy standpunt herhaal dat oorvol klasse ’n rol speel in dissipline-probleme en aandag moet kry. – Alet Rademeyer
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|