Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Alle sakelui moet help om die IT-bedryf uit te bou’
Mar 13 2008 09:19:39:873PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pres. Thabo Mbeki gister by die opening van die e-Skills Academy of South Africa in Sandton. Foto: Nardus Engelbrecht
Cobus Coetzee


Pres. Thabo Mbeki gaan self ingryp om te verseker dat alle sakelui in die IT-bedryf met die opleiding van jongmense in die bedryf help.

Die president het gister die e-Skills Academy of South Africa in Sandton geopen.

Dié akademie is sedert die begin van die jaar besig met die opleiding van 170 studente om vaardigheidstekorte in die bedryf te takel.

“Ondernemings in die bedryf kan nie so aanhou om amper niks te belê nie, duurder vir mense met skaars vaardighede te betaal en hulle van ander ondernemings af te rokkel nie.

“Ons moet begin om die poel van mense met IT-vaardighede te vergroot,” het mnr. Dan Ellapa, uitvoerende hoof van die akademie, gister gesê.

Die akademie is gestig met die hulp van verskeie bedryfsleiers, die regering en die presidensiële internasionale adviesraad.

Ellapa het verduidelik hoe verskeie ondernemings egter onwillig was en steeds is om die akademie te ondersteun.

Mbeki het daarop geantwoord dat hy onmiddellik dié ondernemings se name wil hê om hulle self te bel en te oorreed om aan die opleiding en die akademie deel te neem.

“Ons almal moet proaktief in die IT-bedryf optree en verseker vaardighede word bevorder. Ons kan ons plaaslike bedryf soos Indië s’n uitbou. Een van die dae staan ons langs ander wêreld­leiers aan die voorpunt van die IT-bedryf,” het Mbeki gesê.

Die akademie se kwalifikasies word internasionaal erken en kursusse is geskik vir skoolverlaters, gegradueerdes en mense wat reeds in die IT-bedryf werk.

Tussen 40% en 50% van die klasgelde sal deur die akademie betaal word, terwyl die res deur groot ondernemings vereffen sal word. Die akademie het ook beurse beskikbaar.

“Die IT-bedryf moenie slegs tot voordeel van die rykes wees nie, maar moet ’n stuk gereedskap vir die armes wees om uit die kloue van armoede te kom,” het Mbeki gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |