Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||
|
Bendes teiken wél lughawe, sê Amerikaanse ambassade
Altesame 14 Amerikaners is die afgelope 12 maande op pad na of by hul bestemmings met vuurwapens aangehou en beroof nadat hulle by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park geland het. Dié onthulling deur die Amerikaanse ambassade in Pretoria weerspreek oënskynlik die bevinding van ’n taakspan van die polisie waarvolgens sulke aanvalle sporadies en bloot toevallig is. Die kwessie het verlede week weer opgeduik toe ’n Nigeriese sakeman wat per taxi van die lughawe na die Westcliff-hotel in Johannesburg gereis het, saam met ’n oorsese paartjie in die ontvangslokaal van dié spoghotel beroof is. Die polisie hou egter vol dat geen bewyse gevind kon word dat ’n sindikaat by die lughawe bedrywig is wat toeriste agtervolg en aanval nie. Daarenteen bevat ’n skakel van die ambassade se webwerf by www.southafrica.usembassy.gov die volgende waarskuwing: “Besoekers en inwoners word gewys op voortgesette misdaadbedrywighede waarby georganiseerde misdaadbendes betrokke is en wat individue by winkelsentrums en veral by die O.R. Tambo-lughawe, Johannesburg, teiken. “Sodra ’n slagoffer geïdentifiseer is, word hy of sy tot by sy of haar blyplek agtervolg en beroof, gewoonlik gewapen, hoewel die gebruik van geweld in die algemeen beperk word tot diegene wat op een of ander manier weerstand bied.” ’n Ander inskrywing lui: “Dit blyk dat sommige personeellede by die lughawe betrokke is en glo misdadigers wat buite die lughawegebou wag, inlig oor watter toeriste pas waardevolle items en kontant verklaar het.” Me. Sharon Hudson-Dean, media-attaché van die ambassade, het dit terselfdertyd duidelik gemaak dat geen reiswaarskuwing oor Suid-Afrika uitgereik is nie. Net twee Afrika-state, Soedan en Kameroen, is onlangs op hierdie lys geplaas. Sr.supt. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die departement van buitelandse sake is verlede week genader om met die Amerikaners oor die waarskuwing op hul webtuiste in gesprek te tree. “Ons as die polisie kan nie daarop aandring dat dié inhoud verwyder word nie. Hulle is vry om hul burgers te waarsku, maar ons soek bewyse vir die bewerings. Ons vra dat diegene met enige inligting om die bewerings te staaf, dit onder eed verklaar. Ons ondersoeke het getoon dit is niks ander as bewerings nie.”
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|