Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Out to lunch’ – en hy kom nie terug
David Bullard, rubriekskrywer van die Sunday Times, is uit sy pos ontslaan ná ’n “uiters rassistiese” rubriek wat die afgelope Sondag in dié koerant gepubliseer is. Mondli Makhanya, redakteur van die Sunday Times, het gister gesê Bullard, wat al 14 jaar ’n kontrakwerker by dié koerant is, het ’n Out to lunch-rubriek geskryf wat “nie strook met die karakter en waardes van die Sunday Times nie”. “Dit gaan nie hier oor sensuur nie, maar oor die feit dat die rubriek nie strook met die waardes wat die land en sy Grondwet onderskryf nie”. Die rubriek, Uncolonised Africa wouldn’t know what it was missing, beskryf hoe Suid-Afrika sou gelyk het indien die “wrede wit man” nié “gekom het en die rustige idille van die vroeë swart setlaars versteur” het nie. “Daar is geen paaie nie, want geen paaie is nodig nie, want daar is geen motors nie. Dis 2008 en niemand het ’n sweempie van belang in Suid-Afrika nie, buiten ’n handjie vol plant- en dierkundiges wat die land se fauna en flora wil ondersoek,” skryf hy. Bullard beskryf onder meer hoe die bevolking nooit aan die “sondige weë van die Weste” sou blootgestel wees nie en hoe hulle elke aand stories rondom ’n vuur sou vertel. “Hulle bly in enkelverdiepinghutte só gerangskik dat dit die meeste son kan vang. Hul diere wei daar naby. Daar is geen aaklige winkelsentrums wat duur goedere gemaak deur Asiatiese slawe verkoop nie. Die plaaslike gemeenskap stook ’n bier gemaak van groente en drink dit uit vlak houtbakke.” In die laaste paragraaf skryf hy hoe mense van “ ’n plek genaamd China” eendag die land besoek op soek na “kool, metaal, olie, platinum, weiland, vars water en ’n hele lot goedkoop arbeid”. “Skielik besef die inheemse bevolking wat hulle nog altyd gemis het: iemand om te blameer. Uiteindelik is hul gebede beantwoord,” sluit hy af. Makhanya het gesê Bullard het die besluit gerespekteer, “maar dit was beslis nie maklik nie”. Bullard kon nie gisteraand vir kommentaar bereik word nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|