Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Baas van bordeel baklei om sy bate
te behou
Die eienaar van een van Pretoria se bekendste bordele wil na die konstitusionele hof appelleer nadat dié tienslaapkamerhuis met inhoud aan die staat verbeurd verklaar is. Mnr. Frederik Hendrik Geyser van Capital Park in dié stad sê in hofstukke die verbeurdverklaring van Ambassadors “beteken dat ek verreweg die grootste bate in my boedel kan verloor”. “Ek baklei met alles wat ek het om daardie bate te behou.” Geyser is die alleenlid van Fakkel Scrap Dealers, ’n beslote korporasie wat die eienaar is van dié huis in Kerkstraat 829 in Arcadia, Pretoria. Geyser het vandeesweek ’n dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof teen die nasionale direkteur van openbare vervolging ingedien omdat hy geld nodig het vir die voorbereiding van sy aansoek om verlof tot appèl na die konstitusionele hof. Regter Roger Claassen het gister gelas ’n onderneming moet aan Geyser gegee word dat ’n deel van die opbrengs wat spruit uit die verkoop van die huis, aan Geyser se prokureurs oorbetaal word. Geyser moet sy aansoek om appèl betyds opstel en indien sy appèl slaag en die eiendom word aan hom teruggegee, verval die hooggeregshof se bevel. Geyser sê in hofstukke hy en sy gewese gemeenregtelike vrou, me. Irma Basson, het Ambassadors bedryf. “Ek en Basson het ’n gastehuis, kroeg en restaurant daar bedryf.” Die appèlhof het in Maart vanjaar bevind dat dit ’n bordeel was en dat die eiendom gevolglik verbeurd verklaar word aan die staat kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Geyser sê hy glo die appèlhof was verkeerd en dat dit nooit verbeurd verklaar moes word nie. Sy regspan meen dat hy ’n “baie goeie kans” het om die appèlhofbeslissing in die konstitusionele hof omver gewerp te kry. Hy het egter geld vir die appèlverlofaansoek nodig. Hy wil net sy konstitusionele reg op regskoste hê. “Ek besit slegs ’n 50%-aandeel in ’n kroeg bekend as The Big Pub. Hierdie kroeg is nie tans in bedryf nie.” Volgens Geyser is sy Mitsubi-shi Pajero ook “tans onklaar” en sowat R20 000 werd. Sy meubels en persoonlike besittings beloop sowat R30 000 en hy het geen ander bates nie. Die betrokke huis is belas met ’n verband van R600 000 ten gunste van “ene Kobus Hatting”. Volgens Geyser verkoop hy motors aan hoofsaaklik motorhandelaars. “Omtrent alles wat ek besit, het ek in die onderneming Ambassadors ingestort.” Die hooggeregshof het aanvanklik beslis dat slegs op die huis se boonste deel beslag gelê mag word omdat die bordeelbedrywighede daar plaasgevind het. Die appèlregters het daarna egter eenparig bevind dat die hele huis as bordeel gebruik is. Die onderste verdieping is vir ontkleevertonings en as kroeg gebruik waar mans, “aangevuur deur die drank en/of die dansery”, hul sekswerker kon uitsoek en ’n kamer bo kon bespreek.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|