Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Hý word glo Zuma-segsman
Apr 11 2008 09:00:05:620PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kodwa

Mnr. Zizi Kodwa, een van mnr. Jacob Zuma, die ANC-leier, se voorste pryssangers in die aanloop tot die nasionale kongres in Polokwane, se lojaliteit sal eersdaags beloon word.

Beeld het betroubaar verneem dat Kodwa, tans ANC-jeugliga se woordvoerder, binnekort as Zuma se woordvoerder aangestel sal word.

Kodwa het gister gesê hy hoor self gerugte dat hy Zuma se segsman word. “Dis nie vir my om die gerugte te ontken of bevestig nie. Dít sou blote bespiegeling wees.”

Die jeugliga het Zuma sterk gesteun in die leierskapstryd met pres. Thabo Mbeki verlede jaar. Kodwa en mnr. Fikile Mbalula, voormalige president van die jeugliga, was voor in dié steun-koor.

) Zuma is vandag 66. – Abigail Isaacs


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |