Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
VN-diplomaat aangekla ná botsing met 7 motors
’n Diplomaat van die Verenigde Nasies (VN) wat gister omstreeks 07:35 glo teen ’n hoë spoed in Charlesstraat in Brooklyn, Pretoria, gery het en in ’n botsing met sewe ander voertuie betrokke was, is van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Een persoon is in ’n bedenklike toestand, die diplomaat en twee ander mense is in ’n ernstige toestand en nog drie mense is lig beseer in die ongeluk. Me. Louise Brits, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê verskeie motors het in Charlesstraat by die verkeerslig stil gestaan en wag toe die diplomaat in ’n Mercedes- Benz van agter gekom en ’n Volkswagen Polo getref het. Die Polo is deur die impak van die botsing deur die lug geslinger en het op sy beurt weer ander voertuie getref voordat dit op sy wiele te lande gekom het. “Die Mercedes het ook deur die lug getrek en het ’n Chana LDV-bakkie getref.” Brits het gesê die bestuurder van die Chana is in ’n bedenklike toestand in die Pretoriase Akademiese Hospitaal opgeneem. “Die passasier van die Chana, asook die bestuurders van die Mercedes en die VW Polo, is in ’n ernstige toestand in onderskeidelik die Little Company of Mary-hospitaal, die Kloof-MediClinic en die MuelMed-MediClinic in Pretoria.” Charlesstraat, tussen Duncan- en Pienaarstraat, was gister van 07:45 tot 11:50 vir verkeer gesluit. Brits het gesê die diplomaat gaan aangekla word van roekelose en nalatige bestuur. Capt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die dossier sal dan na die departement van buitelandse sake oorgeplaas word vir verdere ondersoek en beslissing.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|