Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
ANC kan Wes-Kaap volgende jaar wen, sê Idasa
Kaapstad. – Tendense in die Wes-Kaapse bevolkingsgroei wat die demografie van die kieserslys verander, suggereer dat die ANC die provinsiale verkiesing in 2009 kan wen. Só skryf mnr. Jonathan Faull, navorser by die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) in die jongste uitgawe van die tydskrif Focus wat deur die Helen Suzman-stigting gepubliseer word. Volgens Faull dui syfers van Statistieke SA daarop dat die Wes-Kaapse bevolking in die periode 2001 tot 2006 met 16,7% gegroei het – meer as dubbel die nasionale gemiddelde van 8,2% en hoër as enige ander provinsie. Dié syfers dui ook daarop dat die Wes-Kaap, naas Gauteng, oor dieselfde periode die tweede hoogste proporsie interprovinsiale immigrante (361 476) ontvang het. Die helfte hiervan het uit die Oos-Kaap gekom. “Die tendense in die bevolkingsgroei verander noodwendig die demografiese aard van die Wes-Kaapse kieserslys.” Faull skryf dat die provinsiale bevolking in die periode 1996 tot 2001 met 14,3% gegroei het – die swart bevolking het met 46% gestyg, die bruin bevolking met 13,6% en die wit met 1,38%. “Gegewe die ANC se amperse monopolie op swart stemme in die provinsie, is dit ’n goeie teken vir die regerende party en plaas dit die kollig op die glasplafon van die DA-projek as dit voortgaan om staat te maak op die minderheidstemme in die provinsie en so skitterend misluk om vordering te maak onder die swart kiesers.” Die uitdaging vir die ANC oor die komende 15 maande is om die provinsiale kongres wat vir Junie geskeduleer is, met so min as moontlik rugstekery te benader, en lede op voetsoolvlak met die alliansie te verenig. “Dit is onwaarskynlik, maar as die opposisie voortgaan om soos in die 1999- en 2004-verkiesing te stagneer en die swart opkoms bly konstant, suggereer die demografiese veranderinge dat die ANC die verkiesing redelik maklik behoort te wen.” Die uitdaging is drievoudig vir die DA – verenig die opposisie, verhoog die opkoms van kiesers vir minderheidspartye en wen swart stemme. “Die DA sal sy veldtog spesifiek teen die OD moet voer en teen ander opposisiepartye – sonder om die moontlikheid van onderhandeling oor ’n koalisieregering in die geval van ’n hanguitslag te ontken.” Die sleutel-uitdaging vir die DA is om swart stemme te wen.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|