Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Studie oor geweld in skole wys skoksyfers
Apr 23 2008 10:18:04:493PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alet Rademeyer


Sowat 1,8 miljoen van alle leerlinge tussen gr. 3 en gr. 12 (15,3%) het verlede jaar een of ander vorm van geweld ervaar terwyl hulle by die skool was.

Dié en ander skokbevindings in ’n nasionale studie oor skolegeweld, is gister deur die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming (CJCP) in Johannesburg bekend gemaak.

Mnr. Patrick Burton, navorsingsdirekteur van die sentrum, het gesê Suid-Afrikaners behoort baie bekommerd te wees oor die geweld wat daagliks in skole afspeel en ’n impak op kinders het.

Hy meen dis nie geïsoleerde en hoë profiel- voorvalle soos messtekery, moorde en skietery by skole wat die kommerwekkendste is nie. “Die werklike probleem is die oënskynlik onbenullige, maar herhaalde voorkoms van gewelddadige gedrag wat ’n enorme impak op leerlinge het.”

Volgens Burton dui die bevindings daarop dat geweld vir kinders “ ’n leefwyse” geword het en dat dit in die samelewing “genormaliseer” word.

Sowat 13 000 laer- en hoërskoolleerlinge, 264 hoofde en 521 onderwysers in 245 skole landwyd is by die studie betrek.

Altesame 12,8% van laer- en hoërskoolleerlinge het dreigemente van geweld ervaar, 5,8% (690 334) is fisiek aangerand, 4,6% was slagoffers van diefstal en 2,3% (27 000) was die slagoffers van seksuele geweld by skole. Meer laerskoolseuns (2,5%) as meisies (0,2%) was slagoffers van seksuele geweld terwyl hoërskoolmeisies drie keer meer (4,8%) geneig was om seksueel aangerand of verkrag te word.

Geweld in laerskole is die algemeenste in die Oos-Kaap, terwyl hoërskoolleerlinge in Gauteng en Limpopo die swaarste kry.

Opvallend uit die studie was dat leerlinge klaskamers uitgesonder het as die plek waar die meeste vorme van geweld voorkom terwyl onderwysers in die klas of afwesig is.

Daar is bevind dat medeleerlinge (tussen 84% en 94%) mees?tal die geweld pleeg. Die uitsondering was by laerskole waar onderwysers in 50,9% van gevalle as die oortreders uitgewys is.

Volgens Burton kan dit ’n aanduiding wees van die voorkoms van lyfstraf in laerskole.

Burton het daarop gewys dat die blootstelling aan viktimisering en geweld, dwelm- en alkoholgebruik en “kriminele” rolmodelle tot anti-sosiale of gewelddadige gedrag by leerlinge kan lei.

Hy het ook kommer uitgespreek oor die hoë mate van toegang wat alle leerlinge tot dwelms en wapens by skole én in hul gemeenskappe het.

Wat blootstelling aan geweld in die gemeenskap betref, het 48,5% van laer- en 67% van hoërskoolleerlinge al gesien hoe iemand doelbewus byvoorbeeld in ’n straat seergemaak word.

Burton het beklemtoon dat dié probleem nie net op skoolvlak gepak kan word nie, maar dat die media, ouers en gemeenskap betrokke moet raak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |