Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
DA kap
Zuma se
uitlating oor wederkoms
Kaapstad. – Die DA het mnr. Jacob Zuma, ANC-president, gister gekap oor sy uitlating dat dit God se wil is dat die ANC die land tot die wederkoms moet regeer. Zuma het eergister in Khayelitsha op ’n ANC-byeenkoms gesê selfs God verwag van die ANC om die land te regeer omdat dit die enigste organisasie is wat deur priesters geseën was toe dit gestig is. “Dis selfs in die hemel geseën. Dit is hoekom ons sal regeer totdat Jesus terugkom. Ons moenie toelaat dat iemand anders die stad (Kaapstad) regeer, terwyl ons die land regeer nie.” Mnr. Ryan Coetzee, die DA se uitvoerende hoof, het gister gesê Zuma se uitsprake weerspieël die “anti-demokratiese houding van ’n absolute monarg”. Die DA veroordeel dit. Coetzee sê hoe aanloklik dit ook al is om dié soort uitspraak as eksentriek of amusant af te maak, is dit eintlik gevaarlik omdat dit beteken dat om ’n regering te opponeer wat deur God ondersteun word, is om God te opponeer. “Om regerings te opponeer wat deur middel van die Hoër hand regeer, is om ’n verraaier te wees. Pogings om dit uit die kussings te probeer lug, is ’n oorlogsverklaring. In kort, opposisie teenoor die ANC is totaal onwettig.” Zuma het in 2004 tydens die verkiesingsveldtog vir die eerste keer gesê die “ANC sal regeer totdat Jesus terugkom”. Coetzee wys daarop dat Zuma dit in Oktober verlede jaar herhaal het. “Zuma beroep hom bewustelik en herhaaldelik op God se hulp om te regverdig dat die ANC vir ewig sal regeer en demoniseer sy politieke opponente,” het Coetzee gesê. Die ANC het gister teen druktyd nie op navrae gereageer nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|