Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Krenkende boodskap kos man R10 000
May 12 2008 07:59:27:000PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dries Liebenberg

Durban. – ’n Plaaslike man moes sy voormalige huiswerker verskoning vra en ingevolge ’n bevel van die gelykheidshof in dié stad R10 000 betaal nadat hy haar in ’n SMS ’n “k****r teef” genoem het.

Mnr. Cameron Forsyth het dié SMS in Oktober verlede jaar vir sy vrou geskryf toe me. Zandile Magubane, hul huiswerker, nie vir werk opgedaag het nie. Pleks van dit na sy vrou te stuur het hy dit per ongeluk na Magubane se foon gestuur.

Dit het gelui: “Probeer die k****r teef van ’n private nommer bel. Sy antwoord nie my oproepe nie.”

Luidens ’n beëdigde verklaring wat Magubane by die hof ingedien het, was sy dié dag siek en is sy na ’n kliniek in KwaDabeka. Sy het haar foon tuis vergeet en kon nie haar werkgewers laat weet sy sou laat wees nie, het Magubane gesê.

Toe sy die SMS kry, het sy dadelik Forsyth se vrou gebel, wat haar om verskoning gevra het en gesê het sy sal hom vra dat hy dieselfde doen.

Daarna het Magubane luidens hofstukke die egpaar ingelig dat sy nie kans sien om verder vir hulle te werk nie. Sy het gesê sy het diep seergemaak gevoel en dat sy in haar eer gekrenk is.

Magubane het twee dae later ’n klag by die polisie ingedien en hul hulp gevra om haar besittings by die Forsyths se huis te gaan haal.

Landdros John Sanders het Vrydag in sy hofbevel gemeld dat mnr. Forsyth om verskoning gevra en erken het die SMS het haar menswaardigheid aangetas.

Luidens dié hofbevel is mnr. Forsyth spyt en het hy belowe om in die toekoms alle mense met waardigheid en respek te behandel.

Sanders het gelas dat mnr. Forsyth Magubane R10 000 skadevergoeding betaal.

drieslb@worldonline.co.za


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |