Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Lolly Jackson se aanrandingsaak uitgestel
May 16 2008 07:27:38:680PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Lolly Jackson het gister weer in die Randburgse landdroshof verskyn. Foto: Sapa
Herman Scholtz

Hy verskyn “elke week” in die hof, maar daar is steeds geen einde in sig vir die omstrede mnr. Emmanuel (Lolly) Jackson, eienaar van die Teazers-ontkleedansklubs, nie.

Jackson het gister weer in die Randburgse landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Sy saak is wéér uitgestel, dié keer omdat sy advokaat nie beskikbaar was nie.

Luidens die klagstaat het Jackson na bewering twee van sy werknemers aangerand. Hy het glo onder meer met ’n verfgeweer op die een geskiet.

Die voormalige werknemers het nie gister se verrigtinge bygewoon nie.

Mnr. Ronnie Makhadi, staatsaanklaer, het gesê die staat se ondersoek is nou afgehandel en hy is reg om Jackson te vervolg, maar het nie die verdediging se versoek om uitstel teengestaan nie. Terwyl Jackson gewag het vir die verrigtinge om te begin, het hy geskerts dat hy elke week in die hof is.

Jackson het vroeër in die Edenvale-landdroshof verskyn op twee aanklagte van bedrog en twee wat verband hou met oortredings van immigrasiewette.

Hy het na bewering vals werkpermitte aan agt ontkleedansers verskaf.

Dié dansers se paspoorte is ook glo in sy besit gevind.

“En om dit alles te kroon moet ek nou een van my advertensieborde afhaal en die res is beskadig,” het Jackson gesê.

Die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) het die Teazers-ontkleeklubs dié week beveel om ’n reklamebord in Rivoniaweg, Johannesburg, waarop ’n vrou se agterstewe ontbloot is, met die boodskap “this Christmas you have the milk and cookie” af te haal, omdat dit “afstootlik” is.

Jackson het gister gesê die nuwe advertensiebord is reeds ontwerp.

Dit sal ’n “baie warm” vrou op hê wat haar naakte borste met haar hande bedek.

Die klinkreël is: “Thanks for the publicity”.

Die aanrandingsaak is tot 18 Julie uitgestel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |