Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Ma kom nie terug ná sy glo rekening gaan betaal
May 16 2008 08:00:41:537PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – ’n Jong ma van dié stad wat ’n depressielyer is, word deur die polisie gesoek nadat sy spoorloos verdwyn het.

Me. Louisa Rachel Pereira (27) word sedert Dinsdag vermis.

Haar suster, Gabi, het gister gesê die familie is rasend van kommer.

“Iets is nie reg nie, sy het twee klein kindertjies en sal nie net so uit haar eie verdwyn nie.”

Pereira was Dinsdag nog by A&L Cosmetic in Markstraat in die middestad waar sy werk.

Volgens mnr. Alvin Padayachee, haar kêrel van die afgelope tien jaar, het sy omstreeks 11:30 aan haar kollegas gesê sy gaan ’n klere- rekening in die stad betaal.

Sy het ook vir hulle kos by ’n nabygeleë kitskosrestaurant gekoop.

Die kos is by die kollegas afgelewer, maar Pereira was skoonveld.

Sedertdien weet haar driejarige seuntjie, Chad, en sy sussie, Zoë (1), nie waar hul ma is nie.

Padayachee het gesê daar was sowat drie maande gelede ’n gewapende rooftog by hul huis in Eduan Park in dié stad.

Pereira is ook sedertdien onder sielkundige behandeling. “Ons weet nie wat van haar kon geword het nie. Ons het nie enige probleme gehad nie en sy sou nooit haar kinders gelos het nie.”

Padaychee het intussen ’n SMS ontvang wat sê Pereira is in Johannesburg waar sy ’n nuwe werk het.

“Ek ken nie die selfoonnommer nie en as ek daarheen bel, antwoord niemand nie.”

Pereira het lang bruin hare met blonde ligstrepe en is 1,8 m lank. Sy het donkerbruin oë en het ’n geboortemerk aan haar linkerenkel.

Sy is die laaste keer opgemerk in ’n wit Toyota Tazz met die registrasienommer FLY 670 N.

Haar besonderhede is ook op die misdaadwebwerf eBlockwatch.

Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder in Polokwane, het gister bevestig dat ’n saak van ’n vermiste persoon deur die polisie se speurtak ondersoek word.

Die speurders ondersoek ook die SMS. Enigiemand met inligting kan die Polokwane-polisie bel by 0 015 290 6577.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |