Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Boer sê hy wou nooit vir Jessica seermaak nie
May 16 2008 08:25:40:123PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Tonie Joubert gee elke dag sowat 20 liter rooibostee vir sy mak seekoei, Jessica, op hul plaas in die Hoedspruit-distrik in Limpopo. Foto: Marietie Louw-Carstens
Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – Die boer wat daarvan beskuldig is dat hy Jessica, die wêreldbekende mak seekoei van Hoedspruit in Limpopo, wou skiet, het gister gesê dié beweringe is loutere snert.

Mnr. Sybrand van Vuuren het aan Beeld gesê hy het nog nooit gesê hy wil Jessica skiet nie.

“Ek wou nie en wil ook nie vir Jessica seermaak nie.”

’n Herrie het losgebars toe mnr. Tonie Joubert, Jessica se eienaar, gesê het Van Vuuren het aansoek om ’n permit gedoen om Jessica te skiet omdat sy glo sy groente vreet.

Van Vuuren het gister gesê hy het tans net boontjies en dat seekoeie dit nie eet nie. Woolworths het intussen ook betrokke geraak omdat Van Vuuren ’n baie klein deel van sy groenteoes aan hulle verskaf.

Mnr. Julian Novak, hoof van die kosafdeling van Woolworths, het gister in ’n e-pos aan Beeld gesê hulle het met Van Vuuren kontak gemaak. “Hy het ons die versekering gegee dat hy nie vir Jessica skade sal aandoen nie.”

Van Vuuren sê die beweerde “groentevretery” is glad nie waaroor die saak gaan nie.

Volgens Van Vuuren was Jessica vroeër vanjaar twee weke lank bykans elke aand op sy plaas.

Sy het glo selfs in die huis van ’n plaasbestuurders ingeloop.

“Die man het hom boeglam geskrik. Dit is gevaarlik, want ’n mens weet nie altyd of dit Jessica of ’n wilde seekoei is nie.”

Joubert het gesê Jessica was in Februarie drie keer op Van Vuuren se plaas, maar nie in sy lande nie.

Van Vuuren het gesê boere in die gebied kan skade-permitte by natuurbewaring kry indien hulle oesverliese ly weens wilde diere soos seekoeie wat dit verwoes.

Hy het met ’n prokureursbrief vir Joubert ingelig dat hy só ’n permit wil bekom omdat daar talle seekoeie in die gebied is en daar nie onderskei kan word wie Jessica is nie. “Ek wil nie in ’n moddergooiery betrokke raak nie. Dit gaan daaroor dat Jessica rondgeloop het en Tonie moet sy troeteldier oppas en sorg dat sy nie rondloop nie.”

Joubert hou egter vol Van Vuuren wou Jessica skiet.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |