Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bolhuis: ‘Hulle’t gekom om my dood te maak’
May 16 2008 09:35:16:340PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hilda Fourie

“Ek het nooit gedink dit sal met my gebeur nie. Die skelms gee nie meer om wie of wat jy is nie. Hulle kom om dood te maak.”

Só het mnr. Mike Bolhuis, private speurder en eienaar van Specialised Security Services, gister gesê nadat hy gisteroggend twee skelms op heterdaad in sy huis op ’n kleinhoewe in Leeufontein, in die noordooste van Pretoria, betrap het.

Die Leeufontein-kleinhoewes is geleë in die Kameeldrift-omgewing wat die laaste tyd deur moorde, verkragtings en rooftogte geteister is. Bolhuis het gesê sy vrou, Carine, het kort ná middernag in die bed geklim, maar gekla dat sy heeltyd ’n vreemde geluid hoor.

Hy het opgestaan en in sy adamsgewaad met ’n vuurwapen in die hand ondersoek gaan instel.

“Toe ek in die sitkamer staan, het ek ’n stuk glas hoor val. Toe weet ek daar is fout,” het Bolhuis vertel.

“In die kombuis het ek gesien een staan in die opwaskamer. Die ander een was besig om deur die venster te klim. Hulle het my gesien en is soos slange weer by die venster uit.

“Toe skiet ek vir die vale.”

Volgens Bolhuis het hy na die venster waardeur hulle ingekom het, deur die agterdeur en deur nog ’n venster op hulle geskiet, maar die skelms het steeds weggekom deur dieselfde gat in die palissadeheining waardeur hulle ingekom het.

Kort hierna het Bolhuis gesien een van sy motors se linkeragtervensters is uitgebreek met die diewe se breekgereedskap wat langs die motor lê. Hy reken dié rowers is deel van die bende wat die Kameeldrift-omgewing in rep en roer het.

“Ek kry hoendervel net om daaraan te dink. Hulle het gekom om my dood te maak,” het Bolhuis gesê.

“Dit help nie om alles te beveilig nie, want by my is alles beveilig. Ek het oral alarms en hulle het steeds ingekom.”

Bolhuis het R20 000 uitgeloof vir mense wat met inligting na vore kom wat tot die inhegtenisneming van die bendelede sal lei.

Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |