Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Oorlog' in Gauteng
May 21 2008 08:25:45:460AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Ma neem haar seun in veiligheid tydens aanvalle op die Sentrale Metodiste-kerk in Johannesburg se middestad. Foto: Kim Ludbrook, EPA
Verwante Berigte
  • 'SA moenie dié reputasie kry'
  • Britte kan kom, Nigeriërs onwelkom
  • LP's kap aanvalle weens xenofobie
  • 'Daar was nooit sulke haat nie'
  • Klippe en koeëls vlieg
  • 'As inwoners skiet, sal polisie ook'
  • Annelene Moses, Magdel Fourie

    Minstens 13 mense is dood, van wie twee glo volgens die halssnoermetode, in die xenofobiese geweld wat die naweek gewoed het in die Johannesburgse middestad en regoor die Oos- en Wes-Rand.

    ’n Verdere 60 mense is na raming in dié voorvalle beseer, terwyl aanvallers selfs nie immigrante wat in die Sentrale Metodistekerk in die middestad geskuil het, ontsien het nie.

    “Dit is oorlog! ’n Noodtoestand moet verklaar word en die weermag se hulp ingeroep word,” het biskop Paul Verryn van dié kerk gister gepleit nadat bendes gister immigrante hier geteiken het.

    Altesame 200 mense is volgens dir. Govindsamy Mariemuthoo, polisiewoordvoerder, in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer moord, verkragting en openbare geweld.

    Adv. Tseliso Thipanyane, uitvoerende hoof van die Menseregtekommissie (MRK), het ook gister gesê ingryping van die weermag blyk nou nodig te wees, omdat die xenofobiese geweld soos ’n “ernstige virus” versprei.

    Sapa berig pres. Thabo Mbeki het ’n paneel saamgestel wat xenofobiese geweld moet ondersoek. “Die polisie moet ferm optree; ons kan nie toelaat dat mense rondgaan en ander aanrand nie,” het Mbeki vroeër gesê. Ook mnr. Jacob Zuma, ANC-president, het gister die geweld sterk veroordeel.

    Die skietvoorvalle, aanrandings en plundery wat verlede week in Alexandra en Diepsloot begin het, het na Tokoza, Actonville, Mayabuye, Tembisa, Kanana, Kopanong, Klipfontein View, Vusimusi, Mashimong aan die Oos-Rand, Cleveland, Jeppe, Berea in Johannesburg en die Zandspruit-plakkerskamp aan die Wes-Rand versprei.

    Vyf mense het kort ná middernag gister in Cleveland gesterf, het kapt. Cheryl Engelbrecht van die polisie gesê.

    Twee mense is lewendig verbrand, terwyl drie glo doodgeslaan is.

    Sowat 50 mense is in aanvalle op immigrante hier beseer, en met onder meer skiet- en steekwonde in omliggende hospitale opgeneem.

    Motors is aan die brand gesteek en verskeie winkels is geplunder. In Malvern is immigrante van die Denver-hostel in Julesstraat aangeval.

    Terwyl die polisie hier die orde probeer herstel het, is plakkershutte in die Zandspruit-plakkerskamp in Honeydew afgebrand en mense met klippe bestook.

    Insp. Karen Jacobs, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het hier met rubberkoeëls op oproeriges skiet en Beyers Naudérylaan is deels afgesper.

    Volgens Verryn het die polisie al eergister gewaarsku hulle kan ’n aanval op dié kerk te wagte wees. Talle Zimbabwiërs, Mosambiekers, Ethiopiërs en Malawiërs skuil in die kerk.

    Gistermiddag het die spanning hoog geloop nadat immigrante glo buite die kerk aangerand is. Talle het hulself met bakstene bewapen en die ergste gevrees.

    Verryn het gesê as ’n kerkleier kan hy nie geweld aanmoedig nie, maar dit is moeilik om sy hoë ideale te predik terwyl dit nie sy lewe is wat bedreig word nie.

    Eergister is twee mans, vermoedelik Suid-Afrikaners, in afsonderlike voorvalle in die Mandela-plakkerskamp in Katlehong doodgeskiet. Dit is nog nie duidelik of dié moorde met xenofobiese geweld verbind word nie.

    Die atmosfeer in Alexandra was die naweek steeds gespanne.

    Volgens konst. Neria Malefetse, polisiewoordvoerder, moes die polisie ’n oproerige massa met rubberkoeëls verdryf.

    ’n Vermoorde Suid-Afrikaner se liggaam is ook hier gevind.

    Vier lyke is in Primrose aan die Oos-Rand gevind, van wie twee Suid-Afrikaners en twee immigrante was.

    In Tembisa het ’n man tydens xenofobiese geweld gesterf, twee ander is beseer en sowat 17 hutte is afgebrand.

    Dir. Govindsamy Mariemu-thoo, polisiewoordvoerder, het gisteraand teen druktyd gesê as geweld vanoggend weer in die middestad uitbreek, sal pendelaars ingelig word oor watter roetes hulle moet vermy.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

     
    Oorlog net die toetslopie, 19/05/2008, Juanne
    Ek sidder met die lees van die artikel. Die oorsaak moet vierkantig voor die regering gelê word met hul laksheid om verbode immigrante te beperk. My hart gaan egter uit na die "onskuldige" slagoffers.
    Wat my meer ontstel is dat hierdie oorlog slegs 'n oefen lopie is. 'n Oefen lopie om te sien hoe die polisie, regering en weermag optree. Ek is nie 'n aanhanger van "Uhuru" nie, maar daar vind daagliks soveel moorde en misdaad plaas, en nou die grootskaalse aanvalle op "buitelanders". Al wat ek kan doen, is om te bid dat die Almagtige God sal ingryp, op welke manier Hy dit wil. Ons as Suid-Afrikaners moet onsself bekeer en tot die Here draai en Sy hulp en raad vra. Ons is andersins gedoem!
    oorlog in gauteng, 19/05/2008, elsa
    waar gaan als eindig! wreedheid om 'n mens lewend te verbrand en te lag - ons regering moet daadwerklik ingryp en iets drasties laat gebeur - onskuldiges boet met hul lewens
    Oorlog, 19/05/2008, Michelle
    Ek stem saam Yolande: AMEN! Soos ek al voorheen gesê het - God is die antwoord op al ons probleme. As almal hul hart tot inkeer bring sal niemand mekaar haat en vermoor nie.
    Ja ons lewe in die eindtye en ek wens almal wil dit besef. Vir die wat gaan agterbly na die wederkoms: julle was gewaarsku. Kom tot bekering en fokus op Jesus Christus!
    Xenofobie, 19/05/2008, Coen
    Dit moes lankal gebeur het. Onwettige immigrante vat ons land met geweld en misdaad oor en niemand het iets daaromtrent gedoen nie. Noudat ons eie mense iets daaromtrent doen, raas die wat niks wou doen en nie betrokke wou raak nie, die meeste.
    oorlog in JHB, 19/05/2008, D van Niekerk
    Ek kan nie glo wat my oë sien nie.... Hoe kan 'n persoon soveel haat in hul self hê... Almal praat so oor die ander Zimbabwe mensies en Nigeriërs wat ons Suid-Afrikaners se werk vat. Ek dink dis net strooi.
    Hulle staan op en werk hulle sit nie die heeldag by die huis en verwag nog steeds om als in 'n silver platter te kry nie..... ek is jammer maar dit klink vieslik. Hoekom kan ons swartmense nie ook hulle alies lig en gaan werk nie sit meer as 5% in jou werk. Ek het 'n bediende seker die eerste ene wat my nie besteel het nie wat vir my werk oor naweke. Sy was 'n wettige Zimbabwe vrou in ons land en bly nou al meer as 25 jaar hier in Suid Afrika altwee haar kinders is gebore hier.... Sy werk 6 verskillende werke 'n week.
    Nou so maand terug het hulle haar huisie af gebreek in Diepsloot haar kinders se bedde goed besteel en haar papiere op geskeur en gesê sy steel hulle werk. Maar ons swart Suid-Afrikaners is te lui om hul boude te lig en werk gaan soek. Als oordat die regering vir hul als belowe het die kar die werk die huis als vir "mahala" . Mense wat regtig swaar kry en probeer 'n nuwe begin maak vir hul self mag nou glad nie oordat hulle eintlik die vrugte pluk van hul harde werk.
    Ek is jammer maar die land moet wakker skrik wat gaan aan mense. Dis nie dat uitlanders goedkoper is nie hulle is eintlik betroubaar en werk vir die dood as dit kom by hul werk. So nou kan almal ons regering gaan dankie sê want ek meen as dit nie vir hulle was nie sou dit nie gebeur het nie........
    die kinders, 19/05/2008, laurienne
    ja mense is dalk gatvol..maar n mens doen nie so iets nie. kyk die fotos van die kinders... wat het hulle gedoen? buitelanders wat hard gewerk het vir hulle bietjie dinge om terug te vat na hulle land word verwoes.
    sies ek kry skaam om 'n suid-afrikaner te wees..ek weet 'n storie het 2 kante maar rêrig is dit nodig dat ons aan die lelike kant moet wees. ek stem dit is net nog 'n manier om die wereld te wys hoe reg is ons vir 2010 en dat ons nie rassiste is nie en dat ons 'n reënboog land kan wees...
    asseblief wie probeer ons iets wys want ons lyk soos die ....
    Oorlog, 19/05/2008, Spook
    Ek is net bly dat die regering nie kan sê dat dit weer tussen wit en swart is nie. My hart gaan uit na alle mense wat onder omstandighede ly, en selfs doodgemaak word vir 'n plekkie in die son. Hoop dat alles gou weer in orde sal kom.
    Walglik! Barbaars!, 19/05/2008, Frank
    Die foto van die verbrande man wat deur 'n polisieman gered word is weersinwekkend.
    Ek hoop die wêreld se media plaas dit voorop elke koerant sodat almal kan sien met watter tipe 'mense' ons hierdie land moet deel!
    Tipies van Mbeki stel hy eers 'n ondersoekspan saam terwyl mense in die strate doodgaan.
    My vraag is - wanneer gaan die tipe haat en geweld losgelaat word teenoor blankes en hoe gaan ons reageer? Hoe vinnig sal die regering en die polisie dan optree? Ek hoop baie vinniger as nou!
    Silent diplomacy vs. Oorlog in Gauteng, 19/05/2008, Reg
    Ek is baie jammer maar silent diplomacy gaan nie in die geval werk nie.
    Goeiste!! Die arme mense. Hoe lank waarsku almal nie al oor hierdie probleem nie. Die regering het gekies om almal te ignoreer daardie tyd en nou het dit in 'n mini oorlog ontaard.
    Hoe lank voor hulle nie saamstaan en teen die Suid-Afrikaners draai nie - wat gaan dan gebeur? Dan is dit 'n volskaalse oorlog!
    En wat van al die arme kindertjies en onskuldige mense wat in die middel vasgevang word.
    Dit klink soos die Congo en daai plekke waar geen wette toegepas word en geen morele waardes bestaan nie en mense regte elke dag geskend word! Die geweld is barbaars. Hoeveel dekades gelede is mense nie deur so onmenslike metode vermoor nie - en nou doen hulle dit weer! Waar is die morele waardes heen?
    Ek stem saam met jou Yolande. Mense kry julle lewens reg!!
    Oorlog., 19/05/2008, Johan
    Al wat nou besig is om te gebeur is dat die mense wat tot nou toe nog vasbyt,besig is om hulle laaste bietjie hoop vir die land te verloor.Die regering wat dink hulle is so belangrik en bo die res van die land se mense verhewe sal dringend iets moet begin doen.Gaan hulle vir die 50milj mense werk gee as ons besluit genoeg is genoeg?
    Mooi so 2010, 19/05/2008, Hane Ludwigh
    Dit is net wat ons nodig het om vir die wêreld te kan wys ons is nie reg vir 2010.
    Rassehaat?, 19/05/2008, liesie
    Ek stem 100% saam met Gideon. Hierdie is nie rassehaat nie maar baklei vir oorlewing. Immigrante is goedkoper en het geen byvoordele nie (neem ek aan)
    Hulle neem as't ware die kos uit die mond van elke Suid-Afrikaner.
    Apartheid het niks hiermee te doen nie. Glo Mnr. Zuma regtig dat miljoene SA burgers in die apartheidsjare hulle self in die buiteland gevestig het?
    Nou moet ons hulle huisves, terwyl die regering nie eers vir sy eie mense kan sorg nie.Ek keur die soort geweld glad nie goed nie, maar asseblief Regering maak julle oë oop, en sorg eers dat jou eie mense gelukkig is!
    oorlog in Gauteng, 19/05/2008, Lelanie Radyn
    Hoekom wag die regering tot nou toe om iets te doen, en dan het hulle die vermetelheid om te se dis nie nodig vir die weermag nie! wat van die polisie? die arme mense moet gaan orde skep met rubber ammunisie terwyl daar met lewendige ammo op hulle geskiet word?
    ek kry skaam om te dink ek moet sê ek is 'n Suid-Afrikaner wat vereenselwig moet word met sulke skuim, jaag die mense maar dis nie nodig om hulle so te laat ly nie!
    Oorlog in Gauteng, 19/05/2008, Yolande
    Lees Bietjie Matteus 24 & Lukas 21. Daar word gepraat van:
    1. Daar vals profete sou wees wat aanspraak maak daarop dat hulle die Christus is
    2. Oorlog en geweld die aarde sou vul
    3. Daar droogtes, hongersnood en aardbewings sou wees
    4. Daar dwaling van die waarheid sou wees
    5. Mense se harte sal beswyk van vrees oor die desperate toestand van die wêreld en wat oor die wêreld sal kom
    Is hierdie nie dalk 'n indirekte teken van die wederkoms nie. Laat mens wonder hoe baie van ons se harte is reg met ons Hemelse Vader. "Vergewe ons ons skulde net soos ons die vergewe wat teen ons oortree". May the eyes of your understanding be opened.
    Xenofobie, 19/05/2008, C Botha
    Ek het vandag skaam gekry vir my land. Dit voel asof ons terug is by die necklace-dae. Ek lees in 'n Engelse koerant 'n vrou het gestaan en lag terwyl sy vertel wat gebeur het. Mag die Here hul vergewe, ek sal dit moeilik vind.
    'Oorlog' in Gauteng, 19/05/2008, Jakkals
    Dink nou net wat die gevolg sal wees as die ander lande so ook moet optree teen oor Suid-Afrikaners. Gelukkig is hulle meer beskaaf.
    Oorlog, 19/05/2008, Gideon Ebersohn
    Daar is so baie Suid-Afrikaners sonder werk, want 'n uitlander is goedkoper.Ons kinders word daagliks deur die Nigeriërs dwelms gevoer en nou is ons eie polisie teen ons....
    Oorlog in Gauteng, 19/05/2008, Thea
    Dit is baie jammer dat dinge sover gegaan het, kon die regering nie al vroeër iets aan dit geweld gedoen het nie. Nee maar volgens ons regering is daar mos nie probleme in Suid-Afrika nie.
    Niemand is so blind soos die een wat nie WIL sien nie. My hart gaan uit na al die kinders wat deur die geweld geraak word. Ek wonder of die mense met die xenofobiese neigings weet wat hulle aan ons ekonomie doen, nou dat alles reeds duurder is jaag hulle die pryse net nog meer op met hulle geweld, glo my geweld gaan nie die pryse af bring nie en ook nie werk skep nie, ons wonderlike regeering moet nou uitspring en al hulle beloftes van die verlede begin nakom.
    Help die mense wat ons of moet ek sê julle gehelp het in die struggel vir 'n beter plek om in te lewe, moet nie dat die dinge van die verlede weer herhaal word nie groot asb.
    Kom ons werk saam aan 'n beter Suid-Afrika vir ons almal, steek die hand uit en vat jou broer se hand of hy wit of swart of bruin of pink is kom ons vat hande en bid vir die geweld in ons land.
    Kom ons bid teen die geweld en laat ons nie geweld met geweld terug betaal nie.
    Suid-Afrikaners ons kan dit doen! Ek bid dat ons God en Vader sal ingryp en help met al ons probleme.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |