Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Tieners wat spontaan begin bid ’n teken van godsdiensoplewing
njackson@beeld.com Tieners wat spontaan op die skoolterrein op hul knieë gaan om te bid is een van die tekens van ’n nuwe godsdienstige oplewing onder tieners. Past. Hennie Jacobs van die Apostoliese Geloofsending in Sasolburg sê hulle sien dit in die Vaaldriehoek, maar dit gebeur ook in dorpe soos Nigel, Upington en Montagu. Jacobs en sy kollega, past. Christo Oosthuizen, verbind dit aan Maleagi 4:6, die laaste teks in die Nuwe Testament, waarin daar sprake is van pa’s en kinders wat met mekaar versoen word sodat God sy oordeel van die land afwend. Oosthuizen sê as jeugpastoor daag hy kinders uit om te bid. Hulle bid vir hul ouers, skole, onderwysers en maats. Mnr. Dawie Kleynhans, hoof van die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg, sê ’n gebruik wat van die VSA af oorgewaai het, die 30 second kneeldown, het al goed by hul skool inslag gevind. “Hulle het al gereël dat al die leerlinge en onderwysers wat wou, dit gelyk doen en dis ’n hoendervel-ervaring.” Hy sê daar is duidelik ’n neiging by kinders om meer te bid. Mnr. Roelof Oosthuizen, hoof van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, sê hul skool het al lank ’n Verenigde Christelike Studentevereniging (VCSV). Hulle het verlede kwartaal vir die skool se halfeeufees ’n projek aangepak waar elke kind ’n hoofstuk uit die Bybel gekry het en die skool saam die hele Bybel in ’n kwartier deurgelees het. Tog sê hy is daar ’n oplewing onder kinders te bespeur. Daar is nie twyfel dat groot groepe kinders baie ernstig is oor hul godsdiens nie. ’n Leerling het onlangs laat afkondig dat kinders wat drie minute van hul tyd vir God wil gee, op die rugbyveld byeenkom. Oosthuizen sê honderde kinders het op die oproep gereageer. Oosthuizen sê met die onlangse mannebyeenkoms op Greytown het pa’s hulle daartoe verbind om verhoudings in hul gesinne te herstel. Hulle moedig tieners aan om dieselfde te doen. ’n Byeenkoms van tieners word vanaand op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg gereël.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|