Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kameeldrift staan saam
May 22 2008 10:43:43:050PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Duiwel is los' in dié gebied
  • Virginia Keppler


    ’N Groep mans van die NG familiekerk Kameeldrif, noordoos van Pretoria, gaan Sondagoggend tydens die erediens hul koppe kaal skeer uit protes teen die vlaag van gewelddadige misdaad wat hul omgewing die laaste tyd getref het.

    Die besluit is geneem nadat mnr. Louwtjie Maree, ’n lidmaat van die kerk en vriend van mnr. Adriaan Steenberg, wat onlangs vermoor is, sy hare afgeskeer het om sy skok oor die moord te toon. Die afgelope naweek het 13 gewapende aanvalle in die Kameeldrift-omgewing plaasgevind.

    In die jongste aanval is me. Anna Nieman (65) eergister omstreeks 01:15 geskiet toe drie rowers haar in haar huis op die Leeuwfontein-landgoed aangeval het. Sy is steeds in ’n bedenklike toestand in die Montana-hospitaal.

    ’n Bende van sowat 20 lede teister vermoedelik die Kameeldrift-omgewing die laaste paar maande. Dié bende word reeds met 18 dossiere van moorde, verkragtings en rooftogte in die omgewing verbind. Beeld het vroeër berig dat nege van die bendelede reeds vasgetrek is.

    Volgens Maree het die groep mans besluit om hul hare af te skeer om hul rou oor die dood en verminking van mense in die gemeenskap te kenne te gee. Dr. Roelf Opperman, predikant van die gemeente, het gesê die skeer van hare dui ook op erkenning van menslike swakheid en die gemeenskap se afhanklikheid van God.

    “Ons wil ons verontwaardiging en woede uitspreek oor dit wat tans aan die gebeur is. Dit is onaanvaarbaar dat brose mense wat aan ons sorg toevertrou is, verkrag, vermink en vermoor word,” het Opperman gesê.

    Hy het gesê die kerk het ’n aksieplan saamgestel om mense in die gemeenskap te help beveilig en om slagoffers te ondersteun.

    “Die plan is ook daarop gemik om ekonomiese groei en morele heropbou in gemeenskappe te bevorder.”

    Dié plan het begin met ’n gebedsaksie. “Ons is afhanklik van die Here en kan niks sonder Hom doen nie.”

    Volgens Opperman gaan hulle ook die polisie nader oor die gebrek aan suksesvolle optrede teen misdaad. Hulle gaan ook versoek dat die polisie gratis berading aan mense gee wat deur misdaad getraumatiseer is.

    Die kerk gaan opleiding gee aan mense oor hoe om gevaarlike situasies te voorkom. Dit beplan ook om ’n “veilige huis” in die toekoms te stig waar slagoffers tydelik huisvesting kan kry.

    Die gemeente wil ook ’n sentrum vestig waar predikers van inheemse kerke en gemeenskapsleiers opgelei word om die boodskap van die Bybel oor te dra. Dit sal in oorleg met die sentrum vir kontekstuele bediening by die Universiteit van Pretoria gedoen word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |