Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kameeldrift-gemeentelede staan kaalkop saam teen misdaad
May 25 2008 09:26:22:900PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Marie Krïge (67) van Kameeldrift, noordoos van Pretoria, se kop word gister geskeer uit protes teen die vlaag misdaad wat die omgewing die laaste tyd getref het. Foto: Leon Botha
Verwante Berigte
  • Kameeldrift staan saam
  • 'Duiwel is los' in dié gebied
  • Virginia Keppler


    Sy was die enigste vrou tussen ’n groep mans van die Familie NG kerk Kameeldrift, noordoos van Pretoria, wat hul koppe kaal geskeer het uit protes teen die vlaag misdaad wat hul omgewing onlangs getref het.

    Me. Marie Krïge (67), voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Kameeldrift en lid van die omgewing se rampbestuur, het gister gesê sy skeer haar hare omdat sy “kwaad is vir en teleurgesteld is in die mense wat ander mense beseer en uitmoor”.

    Dit kom nadat daar verlede week 13 gewapende aanvalle in die Kameeldrift-omgewing plaasgevind het. ’n Bende van sowat 20 lede teister vermoedelik die omgewing die laaste paar maande.

    Dié bende word reeds met 18 sake van moord, verkragting en roof in die omgewing verbind. Beeld het vroeër berig dat nege van die bendelede reeds vasgetrek is.

    Mnr. Hein van Wyk (40) van Bosveldpark in Roodeplaat het gesê hy het sy hare geskeer omdat hy só wil toon dat daar geen plek vir misdaad in Suid-Afrika is nie.

    “Ek is kwaad vir misdaad en baie teleurgesteld oor wat gebeur. Ons is immers ’n moderne land,” het hy gesê.

    Van Wyk het laas sy kop in 1989 kaal geskeer toe hy grensdiens gedoen het.

    Ds. Cobus van Wyngaard het ook die hare laat waai aan die hand van dr. Roelf Opperman, predikant van die gemeente.

    Opperman loop al die afgelope twee weke toevallig met ’n byna kaalgeskeerde kop en het gesê hy vereenselwig hom met die kaalkopmans.

    Ds. Willem Pretorius, ook ’n predikant van die gemeente, het tydens die erediens gesê: “Ons moet bid vir vreemdelinge (immigrante) wat verneder en seergemaak word. Bid vir ons mense wat vreemdelinge seermaak. Bid vir die polisie.”

    Hy het gesê misdaad ken nie kleur nie en alle rasse word deur misdaad geraak. “Ons moet ons moue oprol en mense help,” het Pretorius gesê.

    Me. Liesel Krause-Wiid, Mev. Verenigde Nasies Internasionaal 2004, wie se pa, Ludwig, ’n paar jaar gelede erg aangerand en vir dood agtergelaat is, het ná die erediens gesê dit is “verskriklik wat in ons pragtige land gebeur”.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |