Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Man oorleef 6 rowerkoeëls
May 26 2008 09:58:29:247PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Nollie Cilliers
Hilda Fourie


’n Man kon die naweek die eerste keer vertel hoe hy meer as ’n week gelede ses keer deur rowers geskiet is.

Mnr. Nollie Cilliers (35), die voorsitter van die Witwatersrand se orgideë-vereniging, is in die waakeenheid van ’n hospitaal in Vanderbijlpark.

Volgens mnr. Rias Cilliers (42) was sy broer aan ’n asemhalingstoestel gekoppel sedert hy in die vroeë oggendure van 16 Mei deur vier rowers by sy huis in Winternest, in die noorde van Pretoria, geskiet is.

“My broer kon die naweek die eerste keer vir ons vertel wat gebeur het,” het mnr. Rias Cilliers gesê.

“Omstreeks 02:00 die oggend het sy hond begin blaf. Hy het die hond na buite geneem en hom in vier mans vasgeloop.

“Hy het sowat tien treë van hulle af gestaan.

“Hulle het toe twee keer op die hond geskiet en ses keer op hom. Die hond is nie getref nie.

“My broer het weggehardloop en in sy bakkie gaan skuil.

“Die rowers het toe in die huis ingegaan, twee selfone en ’n skootrekenaar gesteel en gevlug.”

Cilliers is twee keer in die bors, twee keer in die hand, een keer in die skouer en een keer in die arm getref.

Volgens Cilliers, wat self ’n oudpolisieman is, het die polisie die skietery op sy broer nie goed genoeg ondersoek nie.

Hy moes die polisie glo twee dae later na sy broer se huis neem en vir hulle die patroondoppies uitwys. Hy het boonop uitgevind dat een van die gesteelde selfone nog gebruik word.

Volgens Cilliers gaan dit baie sleg met sy broer en gaan hy omtrent elke dag agteruit.

“Hy sal nie ’n vlieg skade aandoen nie, toe gebeur dít,” het hy gesê.

Kapt. Lucas Sithole, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.

Beeld het vroeër berig mnr. Victor Birkenmayer (65) is dieselfde dag deur rowers vir dood agtergelaat by sy huis in Amandasig, digby Winternest.

Die rowers het Birkenmayer in die hart geskiet en in sy huis se lapa gelos om dood te bloei terwyl sy familielede drie en ’n half uur lank aangehou, aangerand en beroof is.

Sithole kon nie bevestig of daar ’n verband tussen dié twee voorvalle is nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |