Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dokter en familie in Kameeldrift vasgebind, beroof
May 27 2008 10:09:46:870PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Kameeldrift-gemeentelede staan kaalkop saam teen misdaad
  • Kameeldrift staan saam
  • Hilda Fourie


    ’n Dokter en sy gesin is eergisteraand in hul huis in die Leeuwfontein-landgoed in die Kameeldrift-omgewing, noordoos van Pretoria, oorval, vasgebind en beroof.

    Insp. Sipho Mabena, polisiewoordvoerder, het gesê die man en sy gesin se name kan weens veiligheidsredes nie bekend gemaak word nie.

    Dié voorval is die jongste in ’n reeks aanvalle op mense in die Kameeldrift-omgewing.

    Mabena het gesê vyf gewapende mans het eergisteraand omstreeks 20:00 toegang tot die huis gekry.

    Die dokter, sy vrou, skoonma en drie minderjarige kinders was in die huis.

    “Die rowers het die familie vasgebind en vier plasmaskerm-televisies gesteel,” het Mabena gesê.

    “Hulle wou die dokter se motor ook steel, maar het skynbaar daarteen besluit. Van die televisies is in die motor gevind. Die rowers het te voet gevlug.”

    Dit is nog nie duidelik hoe die rowers toegang tot die landgoed verkry het nie.

    Rowers het verlede week by drie huise in die Leeuwfontein-landgoed probeer inbreek voordat hulle me. Anna Nieman (65) in haar huis oorval en toe geskiet het. Sy is in die bors en maag getref.

    Die rowers het toe met ’n handsak en ’n selfoon gevlug.

    Beeld het vroeër berig dat ’n bende van sowat 20 lede vermoedelik die Kameeldrift-omgewing die afgelope paar maande teister.

    Nege bendelede is reeds vasgetrek. Dié bendelede word reeds met 18 dossiere van moorde, verkragtings en gewapende rooftogte in die Kameeldrift-omgewing verbind.

    ’n Groep mense van die Familie NG kerk Kameeldrift het Sondag hul koppe kaal geskeer uit protes teen die vlaag misdaad wat hul omgewing getref het.

    Mabena het gesê niemand is nog vir die aanval op die dokter en sy gesin in hegtenis geneem nie.

    ’n Saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |