Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Vreemd aanvalle kom net voor 2010, sê premier S’bu
drieslb@worldonline.co.za Durban. – Dit is ondenkbaar dat die vlaag van aanvalle op buitelanders spontaan kan wees, het premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister by die afsluiting van ’n jaarlikse Afrika-renais-sance-konferensie gesê. Die “sogenaamde xenofobiese aanvalle” is goed gekoördineer en hy vind dit vreemd dat dit net voor die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi kop uitsteek, het Ndebele gesê. Volgens hom is dit nie in die aard van Suid-Afrikaners om xenofobies te wees nie en het die regering gemeenskappe gevra om nie “gemanipuleer te word deur provokateurs wat mense se vrese en kwellings wil misbruik” nie. Ndebele se uitlatings is in kontras met die standpunt wat dr. Seshi Chonco, die provinsie se toerismebaas, gister ingeneem het aan die hand van gesprekke wat hy met mense in een van die KwaZulu-Natalse brandpunte gehad het (lees berig links bo). Chonco het gesê daar is ’n misdadige element by die aanvalle betrokke, maar hyself reken nie dit kan aan ’n “derde mag” toegeskryf word nie. Hy het eerder op mense se frustrasies oor hul sosiaal-ekonomiese lot gewys. Chonco het gesê ANC-leiers het die laaste paar dae juis na brandpunte in Gauteng gegaan om te hoor wat mense se frustrasies en die oorsake van die geweld is.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|