Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Jong Bul ‘tackle’ rower in Kameeldrift-huis
May 30 2008 09:44:54:863PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Lynette Maree (41) van Kameeldrift, Pretoria, en haar seuns (van links) Drikus (16), Lynton (14) Armand (11), en Ewald (18).
Verwante Berigte
  • Dokter en familie in Kameeldrift vasgebind, beroof
  • Kameeldrift-gemeentelede staan kaalkop saam teen misdaad
  • Kameeldrift staan saam
  • 'Duiwel is los' in dié gebied
  • Virginia Keppler


    ’n Kranige jong rugbyspeler het ’n rower in sy ouerhuis platgeduik voordat ’n groep rowers gevlug het toe die alarm afgaan.

    “Mamma, hulle is weg. Jy kan maar gaan aantrek,” het vier seuns van ’n veiligheidskompleks in Kameeldrift in die ooste van Pretoria aan hul ma gesê nadat vyf gewapende rowers gevlug het toe hul ma die alarm geaktiveer het.

    Me. Lynette Maree (41) het gesê die rowers het Donderdag net voor 02:00 eers haar tweede oudste seun, Drikus (16), in sy kamer oorval.

    “Hy het die aand laat studeer want hy begin Maandag met eksamen. Ek was so moeg en het die aand net so in my sweetpak in die bed geklim,” het Maree gesê.

    Volgens haar het die rowers by ’n venster in die sitkamer ingebreek en toe die skuifdeur by die swembad oopgesluit. “Hulle het Drikus in sy slaapkamer oorval en hom met sy rugbystewels se veters vasgebind. Daarna het hulle hom uitgevra oor wie almal in die huis is en waar sy pa is.

    “Hy het vir hulle gesê dit is net hy en sy boeties en sy ma en dat ons nie ’n pa het wat saam met ons woon nie.”

    Die rowers het ’n hemp in sy mond gedruk en dit om sy kop vasgebind voordat hulle ’n kombers oor sy kop gegooi het.

    “Drikus het gesê hy het aanhoudend gebid en geluide probeer maak sodat ek kon wakker skrik,” het Maree gesê.

    Drie van die rowers het na Maree se ander seuns, Ewald (18), Lynton (14) en Armand (11), se kamers gegaan en selfone en geld gesteel terwyl hulle geslaap het.

    Sy het gesê toe die ander twee by haar kamer instap en ’n flits in haar gesig skyn, het sy regop in die bed gesit.

    “Die een het gewys ek moet stilbly en toe sê hy: ‘Don’t worry’. Hy het gesê ek moet lê en toe klim hy bo op my en trek my klere uit.

    “Hy het my probeer verkrag, maar ek het besef niemand het die reg om aan my te vat en dat ek wil leef.

    “Ek het begin gil en terugbaklei en toe skop ek hom van die bed af. Ek het opgespring en die alarm gaan druk.”

    Die rowers het daarna deur die skuifdeur gevlug.

    Ewald, wat pas gekies is om vir die Blou Bulle se 0.19-rugbyspan te speel, het een rower in die gang platgeduik. ’n Ander rower het op hom geskiet, maar hy het gemis. “Armand het met sy krieketpaaltjie agter Ewald aangehardloop.”

    Al die ouer seuns is in Pretoria Boys High School en Armand is in die Waterkloof Primary School.

    Insp. Sipho Mabena, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |