Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Geteisterde inwoners veg voort
Sowat 80 hoewe-eienaars in die misdaadgeteisterde Kameeldrift-omgewing, noordoos van Pretoria, bring duideliker nommerborde by hul ingange aan om die polisie en ambulansdienste in hul taak te help in geval van nood. Mnr. Gerrit Klopper, woordvoerder vir plaaslike gemeenskapsondersteuning, het die projek van stapel gestuur ná die talle aanvalle, rooftogte, verkrag- tings en moorde onlangs in Kameeldrift en sy omliggende omgewing. Ds. Cobus van Wyngaard, leraar van die Familie NG kerk Kameeldrift, het gesê dié nommerborde is ’n bewys “dat die gemeenskap nog lank nie gaan lê het nie”. “Dit is maar een manier waarop mense besig is om te sê dat hulle aktief deelneem om geweldmisdaad te bekamp in die omgewing.” Dié nuwe nommerborde is groot, met duidelike blou letters op ’n wit agtergrond en dit is saans van ver sigbaar. Wyngaard het gesê die gemeente besef dat hy nie die polisie se werk kan oorneem nie, maar die kerk probeer hande vat met die polisie en ander instellings sodat hulle saam meer effektief kan wees. Die kerk het die afgelope week ’n aksieplan teen misdaad aangekondig. Gemeentelede is reeds in gesprek met die Kameeldrift-polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en gemeenskapsondersteuning om die kerk se rol in die stryd teen misdaad te ondersoek. Die afgelope paar weke was daar meer as 13 gewapende aanvalle in die Kameeldrift-omgewing. ’n Bende van sowat 20 lede teister vermoedelik die omgewing die laaste paar maande. Dié bende word reeds met 18 sake van moord, verkragting en roof in die omgewing verbind. Beeld het vroeër berig dat nege van die vermeende bendelede reeds vasgetrek is. Verlede Sondagoggend het ’n groep gemeentelede van die kerk hul koppe kaal geskeer uit protes teen die vlaag misdaad. Dr. Roelf Opperman, ook ’n leraar van dié gemeente, het gesê die kerk wil verseker dat die situasie na normaal terugkeer. “Die gemeente het ook ’n familie-kliniek begin wat in die komende weke verder uitgebrei gaan word.” Opperman, wat sy doktorale studies gedoen het oor gesinne wat geweldmisdaad oorleef het, is die kliniek se gesinsterapeut. Daar is ook ’n kliniese sielkundige, maatskaplike werker en gesinsadvokaat by dié kliniek werksaam. Hy het gesê die gemeente is ook betrokke by die krisissentrum by die Kameeldrift-polisiekantoor. Mense wat deur geweld of misdaad geraak is, kan Opperman kontak by 082 335 1156 of e-pos stuur na roelf.opperman@kameeldrif.ng.org.za.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|