Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||
|
‘Hartwolk wys God is tevrede: SA keer terug’
njackson@beeld.com Dit was ’n teken dat die Here tevrede is dat die mense van Suid-Afrika besig is om terug te keer na Hom toe. Só sê mnr. Angus Buchan, die Greytownse evangelis, oor die hartvormige wolk wat bokant die verhoog gehang het terwyl hy onlangs in Vanderbijlpark gepreek het. Buchan sê terwyl hy gepreek het, het hy gesien mense wys met die vinger boontoe. Hy het gedink hulle beduie na ’n ligte vliegtuigie wat verbygevlieg het. Mense het egter foto’s geneem en dit word nou wyd op e-pos gesirkuleer. Eergisteraand by ’n mannesaamtrek in Moreletapark, Pretoria, is dit ook vertoon. Buchan sê hy is ’n boer en God praat met hom deur die natuur. Hy wil graag glo dat dié wolk ’n teken van die Here is. Hy vertolk dit as ’n teken van God se seën en sy tevredenheid daarmee dat mense hom as Here en Verlosser erken. Hy bestempel dit as ’n verbasende ding. Die wind het eers gewaai en die wolke het oor die stadion gerol. Toe het die wind gaan lê en dié wolk het bokant die verhoog in die lug bly hang.
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|