Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Diewe verkrag ma én dogter
Jun 06 2008 09:53:28:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Marissa du Toit (55) vertel die afgelope week van haar nagmerrie-ondervinding Foto: Nardus Engelbrecht
Verwante Berigte
  • Polisie te besig om te help
  • Aldi Schoeman


    ‘Ek glo nie iets ergers kan met ’n mens gebeur nie. Hulle kon my eerder doodgeskiet het.”

    Só vertel me. Marissa du Toit (55) nadat sy en haar dogter, Karen (32), by hul huis in Boksburg aan die Oos-Rand verkrag is.

    Die Du Toits is in die vroeë oggendure van Saterdag 17 Mei deur vier mans oorval, verkrag en beroof.

    “Ek het wakker geword toe hulle die lig aansit. Twee het aan die een kant van die bed gestaan en twee aan die ander kant,” het Marissa du Toit vandeesweek in Kempton Park vertel. Sy is ’n ontvangsdame by makelaars.

    “Hulle het my voete met drade vasgebind, my hande agter my rug met skoenveters vasgebind en ’n kous in my mond geprop.

    “Hulle het die serp wat ek die dag aangehad het, oor my mond vasgebind.”

    Du Toit het vertel hulle het weer haar voete losgemaak, haar nagklere uitgetrek en haar om die beurt verkrag.

    Die eerste man wat haar verkrag het, het haar Bybel oor haar gesig gehou.

    “Die ander het ’n kussing oor my gesig gehou.”

    Du Toit het gesê haar dogter is op dieselfde manier in haar slaapkamer verkrag.

    Hulle is nie seker wie eerste verkrag is nie.

    Ná die verkragtings het die boewe toerusting, handelsmerkklere en kruideniersware uit die kaste gesteel.

    Du Toit het gesê haar dogter moes hulle help om haar Mazda se alarm te deaktiveer voordat hulle met die goedere in die motor weg is.

    “Hulle het hul klere uitgetrek en in my dogter se kamer gelos. Ek het van hul tekkies tussen my onderklere gekry,” het sy vertel.

    Die handelsmerkklere kom van haar seun wat in Kentucky in die VSA bly.

    Du Toit het gesê die rowers het “voorbereid” voorgekom omdat hulle geweet het om in die gangkas vir handelsmerkklere te soek en geen wapens gedra het nie.

    Sy vermoed ook haar huiswerker van die afgelope jaar was betrokke, want sy het nie weer ná die voorval vir werk opgedaag nie.

    Du Toit het gesê die ergste is dat sy nou moet wag om te hoor of sy MIV-positief is.

    Sy en haar dogter is die oggend ná die voorval na die Unie-hospitaal, waar hulle profilakse gekry het om te voorkom dat hulle dié virus kry.

    Du Toit het gesê hulle was te bang om in die huis aan te bly en het na ’n veiligheidskompleks in ’n ander deel van Boksburg getrek.

    Kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het bevestig die saak is aangemeld


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |