Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Boewe ruk man se suurstofpype uit
Jun 10 2008 09:23:37:383PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Gloria Edwards

’n Bejaarde man (71) in ’n rolstoel is eergister wreed deur twee tuiniers by sy huis in Boksburg-Noord aan die Oos-Rand aangerand, beroof en vir die dood gelaat nadat hulle selfs sy suurstofpype uitgeruk het.

Mnr. Jan Lategan, wat aan emfiseem ly en dus permanent suurstof benodig, is in sy rolstoel aangeval toe hy toerusting vir die tuiniers uit sy garage wou haal.

Volgens insp. Yolanda Meissenheimer, ondersoekbeampte in die saak, het die twee verdagtes Lategan só erg aangerand dat sy “gesig stukkend en sy liggaam oral potblou is”.

Sy moes haar trane sluk toe Lategan op die toneel vir haar vertel hoe sy aanvallers hom “erg verniel” het. “Ons het nie gedink hy gaan oorleef nie.”

Lategan het glo sy bewussyn verloor en op die badkamervloer wakker geword, waar sy hande en voete met kabels vasgemaak is. “Die aanvallers het ook sy suurstofpype uitgeruk en hom vir die dood gelos.”

Verskeie elektriese ware, juwele, klere en twee vuurwapens is uit die huis gesteel. Die tuiniers het glo in ’n khaki-kleurige Toyota-bakkie gevlug.

Lategan het ure later losgekom en mev. Mari de Beer, sy verloofde, geskakel. De Beer is woedend. “As ek hulle in die straat kry, ry ek sommer oor hulle,” sê sy.

Lategan was nog te swak om met die media te praat. Sake van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Een van die verdagtes, wat as “Robert” bekend is, is sowat 40 jaar oud, van medium lengte en het ’n bles kop. Enigiemand met inligting kan Meissenheimer bel by 082 377 3182.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |