Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||
|
'Munisipale kragpryse kan met 80% klim'
Munisipaliteite se kragpryse kan volgende jaar met gemiddeld 80% styg, het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) gister gewaarsku. Mnr. Mogomotsi Mogodiri, Salga-woordvoerder, het gesê dié styging is ’n moontlikheid as die prysverhoging wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gister aangekondig het, nie op 1 Julie vanjaar geïmplementeer kan word nie. Nersa het bepaal die prysverhoging van 35,9% vir munisipale kliënte is op 1 Julie van krag, maar net 14,2% van die verhoging (die deel wat in Desember goedgekeur is) is by munisipaliteite se begrotings ingereken. “Munisipaliteite kan die jongste prysverhoging eers op 1 Julie volgende jaar implementeer. Dit beteken hulle gaan die prysverhoging terugwerkend van 1 Julie vanjaar moet verhaal,” het Mogodiri gesê. Dit is nog nie seker hoe munisipaliteite die Nersa-besluit gaan implementeer nie. (Sien Sake24) Dr. Dirk Hermann, Solidariteit se uitvoerende direkteur, het gister gesê die gemiddelde prysverhoging van 13,3% is steeds ’n “groot slag” vir verbruikers. Dit bring die totale verhoging vir die jaar op 27,5% te staan. “Dit is steeds meer as dubbel inflasie,” sê Hermann. Die verhoging word terugwerkend ingestel, wat beteken Eskom se nie-munisipale kliënte gaan van 1 Julie gemiddeld 20% meer betaal vir elektrisiteit. Dié kliënte betaal sedert 1 April 14,2% meer vir elektrisiteit nadat dié verhoging in Desember deur Nersa goedgekeur is. Dit bring die totale verhoging in dié kategorie op 34,2% te staan. Munisipaliteite wat eers van 1 Julie die 14,2%-verhoging implementeer, moet volgens dié besluit ’n totale verhoging van 35,9% aan hul kliënte implementeer. Nersa het gesê jaarlikse prysverhogings van tussen 20% en 25% kan vir die volgende drie jaar verwag word. Dr. Chris Cooper, programdirekteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Energie-agentskap (Sanea), sê dié verhogings is onder meer nodig om private kragvoorsieners te lok. Volgens mnr. Cornelis van der Waal, ’n navorsingsontleder van Frost & Sullivan, is geleidelike verhogings beter vir verbruikers. Van der Waal sê egter ’n eenmalige verhoging sou beter gewees het op lang termyn “omdat ’n eenmalige skok op die ekonomie eenmalig hanteer kan word”. Van der Waal sê dié prysverhoging gaan tog ’n impak hê op verbruikers. Volgens hom sal Nersa se besluit om armes van die prysverhoging kwyt te skeld, nie ’n wesenlike impak hê op die ander verbruikers nie omdat hulle ’n klein persentasie van Eskom se krag gebruik. Eskom se versoek dat sy versnelde aanvraagbestuurplan deur die tariefverhoging gefinansier moet word, is nie goedgekeur nie. Mnr. Collin Matjila, voorsitter van Nersa, het gesê die regering moet die verantwoordelikheid vir die geld daarvoor dra. Volgens mnr. Barry Breden-kamp, voorsitter van die nasionale energiedoeltreffende agentskap (NEEA) is dit te vroeg om te sê of dít die regte besluit is. “As dit in die tarief is, is jy seker van die bedrag, maar ons kan ’n nuwe minister van finansies kry, wat besluit hy wil die bedrag uit die begroting sny,” het hy gesê.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|