Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Comrades-wenner se agent aangeval, beroof
Jun 19 2008 12:49:15:327PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Sergey Krasnoschekov help vanjaar se Comrades-wenner, Leonid Shvetsov, op ná sy oorwinning Sondag. Foto: Felix Dlangamandla
Sarel van der Walt

Dr. Sergey Krasnoschekov, die agent van onder andere die Russiese atleet Leonid Shvetsov wat Sondag die Comrades-wedloop in 'n rekordtyd gewen het, is gisteraand langs die Durbanse strandfront aangeval en beroof.

Volgens Ray de Vries, by wie Shvetsov met sy Comrades-besoek tuisgegaan het, was Krasnoschekov omstreeks 22:00 sowat 100 meter van sy hotel toe hy hy deur 'n 20-jarige man aangeval is.

Krasnoschekov was besig om na sy i-pod te luister.

Die Russiese wetenskaplike het terugbaklei, maar sy aanvaller het met die i-pod op die vlug geslaan. Die dief kon egter nie daarin slaag om sy selfoon ook in die hande te kry nie.

Die polisie het die booswig twee ure later aangekeer en die i-pod, wat sowat R4 000 werd is, by hom gekry.

"Sergey het 'n paar skrape, maar andersins gaan dit goed met hom," het De Vries aan Beeld gesê.

  • Krasnoschekov, wat ook namens verskeie ander Russiese atlete by die Comrades opgetree het - en op die mediakonferensie ná die wedloop gehelp tolk het - was die man wat Shvetsov ten aanskoue van miljoene televisiekykers opgehelp het nadat die Rus ná sy oorwinning Sondag op die grond gaan lê het.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |