Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Staat staan speurhoof se borgtog teen
Jun 26 2008 11:51:59:273PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
André Damons

Die hoof van die polisie se speurtak in Magaliesburg aan die Wes-Rand het gister sy eerste hofverskyning gemaak.

Die staat het toe sy borgtogaansoek teengestaan.

Kapt. Patrick Magonono het op ’n aanklag van gewapende roof in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Magonono en vyf speurtak-kollegas is verlede week deur lede van die gespesialiseerde misdaadondersoekeenheid van die provinsiale polisiehoofkantoor in Gauteng gearresteer weens hul beweerde betrok-kenheid by ’n gewapende rooftog op buitelanders in April.

Volgens sy regsverteenwoordiger is Magonono eergister vir die derde keer in ’n week gearresteer én het hy al verlede week aan ’n uitkenningsparade deelgeneem. Hy het gevra dat sy kliënt borgtog toegestaan word.

Die staat het gevra dat Magonono se saak tot 1 Julie uitgestel word sodat hy Maandag wéér aan ’n uitkenningsparade kan deelneem. Volgens hulle is dít die vroegste datum waarop die ondersoekbeampte in die saak beskikbaar is om in die borgtogaansoek te getuig. 

Die saak is tot vandag uitgestel sodat Magonono ’n datum vir ’n borgtogaansoek kan probeer bekom. – André Damons


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |