Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Lewenslank ná hulle boer, vrou vermoor
Jun 27 2008 08:31:58:690PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hilda Fourie

Drie mans wat ’n boer van Roedtan, Limpopo, geskiet en sy vrou koelbloedig vermoor het, is gister gevonnis tot lewenslange tronkstraf.

Herbert Ramushu (25), Zethonia Mamphulu (26) en Ben Mokobe (32) is in die hooggeregshof in Modimolle (Nylstroom) gevonnis, berig Sapa.

Hulle is vroeër skuldig bevind aan die moord van mnr. Hennie Janse van Vuuren (53) en sy vrou, Celia (53).

Dié egpaar is in Desember 2005 op hul plaas Doringfontein, buite Roedtan, vermoor. Beeld het vroeër berig dat Van Vuuren op sy knieë by sy plaashek langs sy bakkie gedwing is voordat hy in die voorkop geskiet is. Dit was kort nadat sy vrou koelbloedig in die tuin voor hul huis doodgeskiet is.

Ramushu is die dag na die voorval vasgetrek terwyl Mam?phulu en Mokobe twee weke later gearresteer is.

Buiten die twee aanklagte van moord, is die beskuldiges ook skuldig bevind aan aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en roof met verswarende omstandighede.

Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê al drie beskuldigdes is lewenslange vonnisse opgelê vir die moordaanklagte.

Hulle is ’n bykomende 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, vyf jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |