Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Olifant-uitdunning ontstel Duitsers
Meer as 1 000 Duitse toeriste weier om Suid-Afrika te besoek as uitdunning deel bly van die regering se olifantbestuurplan. In ’n brief wat opgestel is deur People for Animal Rights Germany (Parg) en deur dié toeriste onderteken is, sê die groep hulle sien nie daarvoor kans om na Suid-Afrika te reis en na olifante te kyk met die wete dat dié diere moontlik die volgende dag of binnekort doodgeskiet gaan word nie. Die brief lui: “Baie van die toeriste wat Suid-Afrika besoek, is Duitsers. Dit behoort daarom vir die departement van omgewingsake en toerisme interessant te wees om te besef dat meer as 1 000 Duitsers die protesbrief geteken het.” In die brief word mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, gekritiseer omdat sy olifantbestuurplan uitdunning insluit. Me. Christina Ledermann, Parg-woordvoerder, sê in die brief die Duitse toeriste wil Suid-Afrika nie besoek om te kyk na diere wat moontlik “geslag” gaan word nie. Parg pleit by Van Schalkwyk om “wetenskaplike, goedgekeurde, redelike en menslike strategieë” te gebruik waar probleme met olifante ervaar word. Die groep stel voor dat kunsmatige watergate in natuurreservate toegemaak word, migrasie-gange tussen gebiede oopgemaak word, voorbehoeding gebruik word en nie-dodelike afskrikmiddels gebruik word om olifante uit sekere kwesbare gebiede weg te hou. Mnr. Riaan Aucamp, Van Schalkwyk se woordvoerder, het gesê die minister het die protesbrief ontvang. “Ons sê vir dié mense ons waardeer hul moeite. Baie dankie, maar ons het ’n olifantbestuurplan wat oor baie jare en met volledige onderhandelinge opgestel is.” Die Duitsers wat die protesbrief onderteken het, sê hulle is bekommerd dat die ware motivering vir uitdunning van die olifante in Suid-Afrika ekonomies is om in die vraag na ivoor deur lande soos China en Japan te voorsien. Hulle is ook bekommerd dat veral die Krugerwildtuin in ’n bloedbad gaan verander en dat olifante “geslag gaan word” om die honger na bosvleis (bush meat) te stil. Parg doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om eerder die Afrika-olifant te bewaar en te sorg dat dié diere nie uitsterf nie. Suid-Afrika se olifantbestuurplan wat op 1 Mei in werking getree het, maak voorsiening vir uitdunning op ’n etiese en gekontroleerde manier en as “laaste uitweg”. Die meeste van die Duitsers se voorstelle is ook deel van dié plan.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|